Gereformeerde kerk Bloemburg
Gereformeerde kerk Bloemburg | ||
Sluit in | Bloemfontein en omgewing | |
Klassis | Suid-Vrystaat | |
Huidige predikant(e) | Ds. M.D. Meijer | |
Belydende lidmate | 78 | |
Dooplidmate | 14 | |
Adres | Haarburgersingel, Westdene Bloemfontein | |
Geskiedenis | ||
Stigtingsdatum | 2006 | |
Afgestig van | Ventersburg | |
Eerste predikant | A.M. Stavast (2006–'07) |
Die Gereformeerde kerk Bloemburg is die jongste gemeente van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika in die Vrystaat se hoofstad, Bloemfontein.
Bloemburg het op 19 November 2006 tot stand gekom toe dit afstig van die Gereformeerde kerk Ventersburg. Die lidmate was oorspronklik Bloemfonteinse lidmate wat per attestasie in 2004 na Ventersburg vertrek het. Aanvanklik het hulle byna elke Sondag die 160 km gereis om eredienste daar by te woon. Toe hulle vier wyke sterk geword het, het hulle in 2006 'n selfstandige gemeente gevorm.
Lidmate woon oral in die Rosestad en voeg hulle onder meer by dié gemeente omdat dit hou by die gebruik van die gemeenskaplike Nagmaalbeker. Kort ná sy stigting was ’n derde van die lidmate studente. Einde 2011 het die belydende lidmate 45 getel en die dooplidmate 12. Einde 2014 was dit onderskeidelik 34 en agt, maar die jongste syfers is 60 en 11.
Aan die begin is die gemeente in kombinasie met Ventersburg/Hennenman/Senekal bedien, maar in Februarie 2009 het dit in kombinasie met Colesberg getree. In 2015 was albei dié gemeentes vakant ná die vertrek van ds. D.J. Dykstra.
Bloemburg het eers sy eredienste gehou in die Engelse kerk op die hoek van Erns Jansen- en Oscar Hoexterstraat, Heuwelsig, maar later geskuif na Haarburgersingel, Westdene, na die perseel van die NG gemeente Bloemheuwel. Tans (2017) gebruik hulle die kerkkompleks van die Gereformeerde kerk Vleuels in Langenhovenpark.
Predikante
[wysig | wysig bron]- Stavast, Arie Harm, 2006 – 2007
- Dykstra, Dirk Jacob, 2009 – 2013
- Britz, dr. Dolf, 2016 – hede (sy eerste gemeente)
Bronne
[wysig | wysig bron]- (af) Harris, C.T., Noëth, J.G., Sarkady, N.G., Schutte, F.M. en Van Tonder, J.M. 2010. Van seringboom tot kerkgebou: die argitektoniese erfenis van die Gereformeerde Kerke. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
- (af) Schalekamp, ds. M.E. (voorsitter: redaksiekommissie). 2001. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2002. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
- (af) Vogel, Willem (red.). 2014. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2015. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
Eksterme skakels
[wysig | wysig bron]- (af) Verdelingslyne in Gereformeerde Kerke ál skerper getrek Geargiveer 29 November 2015 op Wayback Machine, Beeld, 14 November 2007. URL besoek op 19 Februarie 2015.
- (af) Beswaarde gemeente se optrede lei tot afskeiding Geargiveer 29 November 2015 op Wayback Machine, Beeld, 26 September 2010. URL besoek op 20 Desember 2015.