Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika
Die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika (GKSA) | ||
Die embleem van die GKSA | ||
Vorige naam | ||
Denominasie | Protestants - Calvinisme | |
Belydende lidmate | 100,000 (2012)[2] | |
Geskiedenis | ||
Stigtingsdatum | 1859 (Rustenburg) | |
Afgestig van | Nederduitsch Hervormde Kerk | |
Eerste predikant | Dirk Postma[1] |
Die Gereformeerde Kerke is 'n Christelike kerk in Suid-Afrika wat in 1859 in Rustenburg gestig is.[1] Lede van die kerk word soms na verwys as Doppers.[3] As een van die oudste kerkverbande onder die Afrikaners, word dit beskou as een van die Drie Susterkerke.
Geskiedenis van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika
In die vroeë 1800's het die Nederduitse Gereformeerde Kerk in die Kaapkolonie vanaf Nederland die "nuwe" Psalmboek ingevoer in die erediens. Baie van die liedere in hierdie boek het die Belydenisskrifte (Nederlandse Geloofsbelydenis, Heidelbergse Kategismus en die Dordtse Leerreëls) soos vasgestel by die Sinode van Dordtrecht in 1618/1619, weerspreek.
Die wyse van kerkregering het toenemend mag aan die staat en sinodale vergaderings gegee, en die gesag van plaaslike kerkrade daaraan ondergeskik gemaak.
Hierdie veranderinge het toenemend onrus onder 'n klein hoeveelheid lidmate veroorsaak. Van die begin af was daar lidmate wat nie die gesange wou sing nie. Die uitgangspunt onder hulle was: "In Gods huis Gods lied".[4]
In 1859 het 15 broeders besluit om hulle af te skei van die Nederduitsch Hervormde Kerk in Transvaal. Onder hulle was onder andere Paul Kruger, latere president van die Zuid-Afrikaanse Republiek.
Hulle het op 10 Februarie 1859 'n vergadering belê onder 'n seringboom by Rustenburg. By hierdie vergadering het 300 lidmate hulle laat inskrywe as lidmate van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika.[5] Ds. Dirk Postma, wat 'n besoekende predikant uit Nederland was, is gevra om hulle predikant te wees, en hy het die beroep aangeneem en hom in Suid-Afrika gevestig.
Daar het spoedig die behoefte ontstaan vir die opleiding van predikante en onderwysers. Die eerste opleiding is op Burgersdorp in die Oos-Kaap gedoen waar die Teologiese Skool Burgersdorp in 1869 geopen het, maar na die Anglo-Boereoorlog is dit in 1905 verskuif na Potchefstroom.
Uit hierdie skool het die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys gegroei tot 'n volwaardige universiteit, met die Fakulteit Teologie wat onder andere dien as 'n teologiese skool vir die opleiding van predikante.
Die Gereformeerde Kerke vandag
Die volle naam van die Kerkverband is Die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika (GKSA).
Die Algemene sinode vergader al om die derde jaar in Potchefstroom.
Die Kerke bestaan uit 415 gemeentes in die Republiek van Suid-Afrika, Namibië, Zimbabwe en Lesotho. Woordbediening vind plaas in al 11 die amptelike tale in Suid-Afrika en Frans.[6]
Verder het die Kerke ekumeniese bande met kerke op al die kontinente behalwe Antarktika.
Liedboek van die Gereformeerde Kerke
Die Gereformeerde Kerke gebruik vandag nog net Skrifberymings saam met die Psalms in hulle liedboek. 'n Skrifberyming is 'n gedeelte van die Bybel wat omdig is. Tot onlangs nog was daar net 50 Skrifberymings, maar nuwe skrifberymings word bygevoeg.
Buiten die liedere bevat die liedboek ook nog die volgende :
- Drie Formuliere van Eenheid wat bestaan uit die Nederlandse Geloofsbelydenis, die Heidelbergse Kategismus en die Dordtse Leerreëls.[7]
- Die formuliere vir die doop van kinders, belydenis van Geloof, die doop van volwassenes, die nagmaal, ban of afsnuding, heropname, die bevestiging van ouderlinge en diakens, die bevestiging van predikante, en bevestiging in die huwelik.
- Die Kerkorde.[8]
- 'n Aantal Gebede.
Teologie
Geloofsbelydenisse
Konfessies
Kerkregering
Soos in die Calvinistiese kerkbeskouing, is Christus self die Hoof van die Kerk.[11] Die kerk volg die presbiteriale kerkregeringstelsel,[12] waar die ouderling Christus se regering in die lig van die Skrif uitdra. Elke gemeente is selfstandig deel van die liggaam van Christus. Daarom word daar na die kerkverband in die meervoud verwys, nl, die Gereformeerde kerke in Suid-Afrika.
Gemeentes werk saam in kleiner streke (genoem Klassisse), groter streke (Streeksinodes) en almal kom saam in die Algemene sinode. Besluite wat hier geneem word is besluite van al die gemeentes gesamentlik. Die kerk bestaan uit die Oostelike Streeksinode, die Bosveldsinode, die Noordwes-sinode, die Streeksinode van Vrystaat en KwaZulu-Natal, die Suidelike Streeksinode en die Randvaalse Streeksinode.[13]
Die Kerke verkies by wyse van die Streeksinodes in die jaar voorafgaande die Algemene Sinode, Kuratore vir ‘n dienstydperk van drie jaar met die oog op die voorsiening vir, die sorg van en die toesig oor die diens van predikantsopleiding. Hulle is gevolglik verantwoordelik om uitvoering te gee aan besluite oor teologiese- en predikantsopleiding en te sorg dat die teologiese- en predikantsopleiding geskied. Hulle opdrag word deur die Algemene Sinode gegee en hulle doen verslag aan die Algemene Sinode.[14]
Kweekskool
Die GKSA 'n Teologiese Skool in Potchefstroom (TSP) opgerig om die opleiding van studente (kandidate) deur geroepe ampstraers (teologiese professore) volgens 'n leerplan wat deur the Kerke goedgekeur is te voorsien.[14][15]
Vanaf 1921 kon kandidate grade in Teologie by die PUK ontvang, in 1945 het 'n kontraktuele ooreenkoms tussen die GKSA en die PUK/PU vir CHO bepaal dat die beroepe professore ook dosente in die Fakulteit van Teologie sal wees, en dat die universiteit aan kandidate as ingeskrewe studente grade in die teologie sou toeken. Die Kerke het inspraak in die kurrikulum gehad en kon die professore vir die onderrig hiervan aan die PUK beskikbaar stel.[14]
Die PUK mettertyd die PU vir CHO en sedert 2004 die NWU het die akademiese onderrig behartig en die Teologiese skool het saam gesmelt in die universiteit.[16] Die keuring, onderrig en begeleiding van kandidate met die oog op kerklike eksaminering en beroepbaarstelling om as predikante te dien, is en word steeds deur die TSP behartig. Die Kerke kan nie sonder die TSP hulle taak om predikante vir die GKSA op te lei, uitvoer nie.[14]
In 2019 het die NWU formeel kennis gegee dat sekere bepalings van die huidige ooreenkoms, bekend as die 2006-ooreenkoms, op grond van die onderwyswet en statute van die NWU vir hulle ʼn risiko inhou en dat hulle hierdie bepalings gevolglik nie meer sal kan nakom nie Die NWU gaan verder ook nie meer deur beroeping professore as dosente aanstel nie en normale arbeidswetgewingpraktyk gaan toegepas word vir die aanstelling van NWU teologiese personeel.[14]
Aan die begin van 2023 het die NWU kennis gegee dat die ooreenkoms beëndig sal word, die 2006-ooreenkoms bepaal egter dat die bepalinge wat daarin vervat is vir drie jaar na beëindiging nog sal geld.[14]
Gereformeerde Teologiese Akademie
Tydens die 2018 sinode was daar aan die Kuratore opdrag gegee om die wenslikheid van ‘n eie akademiese instelling te ondersoek. Sedert 2018 het die NWU daarop aangedring dat die Kerke so ‘n akademiese instelling oprig, met wie ‘n akademiese ooreenkoms onder bepaalde voorwaardes gesluit sou kon word. Die Kuratore het toe besluit om ‘n akademiese instelling op te rig en volgens die owerhede se vereistes as ‘n nie winsgewende maatskappy te registreer. Dit staan bekend as die Gereformeerde Teologiese Akademie (GTA). Algemene Sinode 2023 het hierdie oprigting aanvaar en opdrag aan die Kuratore gegee om die GTA tot sy volle potensiaal te ontwikkel, wat insluit dat die GTA kwalifikasies en programme ontwikkel en akkrediteer wat nodig is vir die opleidingsbehoeftes van die GKSA.[14]
Sendingwerk
Die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika het 'n aantal groeiende plaaslike gemeentes. Die denominasie het plaaslike uitreike in Botswana en Mosambiek. Daar is kerke wat sendelinge in Burundi ondersteun. Die Gereformeerde Kerk in Rustenburg het ooreenkoms met Koshin Presbiteriaanse Kerk in Korea om evangelisasie te ondersteun en nuwe multikulturele kerke in Rustenburg area te stig. Die kerk werk saam met die Presbiteriaanse Kerk van Brasilië in sendings in Angola en Mosambiek. Dit is ook betrokke by 'n Gereformeerde kerkaanleg in Hanoi. Deur lidmaatskap van die World Reformed Fellowship werk Gereformeerde Gemeentes saam met die WRF, byvoorbeeld in die Internasionale Instituut vir Islamitiese Studies.[17]
Verhoudings met ander Gereformeerde Kerke
Die GKSA is deel van die World Reformed Fellowship[18] en die Internasionale Konferensie van Gereformeerde Kerke.[19]
Die Gereformeerde Kerke het ekumeniese eenheid met die volgende kerke:[20]
- Christelijke Gereformeerde Kerken in Nederland (CGK)
- Gereformeerde Kerken Vrijgemaakt (GKv)
- Eglise Reformee Confessante au Congo (ERCC)
- Orthodox Presbyterian Church in America (OPC)
- Reformed Churches of New Zealand (RCNZ)
- Reformed Church Japan (RCJ)
- Kosin Presbyterian Church in Korea (KPCK)
- Christian Reformed Churches of Australia (CRCA)
- Christian Reformed Church
- Reformed Church Botswana (RCB)
- Nederlands Gereformeerde Kerken (NedlGK)
- Free Church of Scotland (FCS)
- Free Church of Scotland (Continuing) (FCS(C))
- Londenbediening
- Reformed Church of East Africa (RCEA)
- Presbyterian Church Australia (PCAus)
- United Reformed Church of Congo (URCC)
- Sudanese Reformed Churches (SRC)
- African Evangelical Presbyterian Churches(AEPC)
- Presbyterian Church in America (PCA)
Verder het die GKSA ekumeniese bande met die volgende kerke:[20]
- International Presbyterian Church (IPC)
- Iglesia Nacional Presbiteriana de México, A.R. (INPM)
- Reformed Presbyterian Church in Africa (Uganda)
- Reformed Presbyterian Church of India (RPCI)
- United Reformed Churches of North America (URCNA)
- Gereformeerde Evangeliese Kerk van Australië (GEKA)
- Igreja Presbiteriana de Angola (IPB Angola)
In Suid-Afrika is die GKSA in ekumeniese gesprek met:[20]
- Afrikaanse Protestantse Kerk (APK)
- Calvyn Protestantse Kerk van Suid-Afrika
- Die Vrye Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika
- Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika (NHK)
- Nederduitse Gereformeerde Kerk (NGK)
- Rynse Kerk van Suid-Afrika
Verwysings
Algemeen
- (af) "Professor Dirk Postma (1818 - 1890)", dr. G.C.P. van der Vyver, Pro Rege-Pers, 1958
- (af) "Handleiding vir die studie van Kerkgeskiedenis, Prof. S. du Toit, Pro Rege Pers, 1970
- (en) "Hope and Disilussionment, a basic introduction to the history of Christianity", Prof. B.A.Zuiddam, Importantia, Dordrecht 2010
Verdere Verwysings
- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 1,4 "Onstaan van die Gereformeerde Kerke in Suid Afrika" (PDF). Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 30 Januarie 2024. Besoek op 30 Januarie 2024.
- ↑ "Statistiek". gksa1.businesscatalyst.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 April 2014. Besoek op 3 Februarie 2022.
- ↑ Pettman, Charles (1913). Africanderisms; a glossary of South African colloquial words and phrases and of place and other names. Longmans, Green and Co. p. 151.
- ↑ Fasse, Christoph. "Address data base of Reformed churches and institutions". Reformiert-online.net.
- ↑ "Geskiedenis". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Julie 2013. Besoek op 28 Julie 2013.
- ↑ "BBK.GKV » Zuid-Afrika". Bbk.gkv.nl.
- ↑ "Geloofsbelydenisse / Confessions - GKSA". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 April 2013. Besoek op 28 Maart 2013.
- ↑ "Church Order of the Reformed Churches in South Africa". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Junie 2013.
- ↑ "English documents". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Junie 2013. Besoek op 5 Mei 2013.
- ↑ "Belydenisskrifte". gksa1.businesscatalyst.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Junie 2013. Besoek op 3 Februarie 2022.
- ↑ Wettige roeping tot bepaalde diens Afgehaal 30 Januarie 2024
- ↑ "Kerkregering". gksa1.businesscatalyst.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Junie 2013. Besoek op 3 Februarie 2022.
- ↑ "Statistiek". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Desember 2013. Besoek op 29 Mei 2013.
- ↑ 14,0 14,1 14,2 14,3 14,4 14,5 14,6 "Vrae dikwels gevra". Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika. 4 Maart 2024. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Maart 2024. Besoek op 4 Maart 2024.
- ↑ "Die Teologiese Skool". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Oktober 2003. Besoek op 28 Maart 2013.
- ↑ "BBK.GKV » Zuid-Afrika". Bbk.gkv.nl.
- ↑ "Sending". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Junie 2013.
- ↑ "The World Reformed Fellowship – Membership List". 30 Julie 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Julie 2012. Besoek op 18 April 2019.
- ↑ "The International Conference of Reformed Churches". 17 Julie 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Julie 2012. Besoek op 18 April 2019.
- ↑ 20,0 20,1 20,2 "Ekumeniese Bande". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Januarie 2024. Besoek op 30 Januarie 2024.
Gemeentes
- Gereformeerde kerk Agulhas
- Gereformeerde kerk Akasia
- Gereformeerde kerk Alberton
- Gereformeerde kerk Alberton-Wes
- Gereformeerde kerk Aliwal-Noord
- Gereformeerde kerk Amanzimtoti
- Gereformeerde kerk Andeon
- Gereformeerde kerk Aranos
- Gereformeerde kerk Barberton
- Gereformeerde kerk Barkly-Oos
- Gereformeerde kerk Beestekraal
- Gereformeerde kerk Belfast
- Gereformeerde kerk Bellville
- Gereformeerde kerk Bellville-Oos
- Gereformeerde kerk Benoni
- Gereformeerde kerk Benoni-Noord
- Gereformeerde kerk Bergbron
- Gereformeerde kerk Bergsig
- Gereformeerde kerk Bethal
- Gereformeerde kerk Bethanie
- Gereformeerde kerk Bethlehem
- Gereformeerde kerk Bethulie
- Gereformeerde kerk Biermanskool
- Gereformeerde kerk Birchleigh
- Gereformeerde kerk Bitterwater
- Gereformeerde kerk Bloemburg
- Gereformeerde kerk Bloemfontein
- Gereformeerde kerk Bloemfontein-Noord
- Gereformeerde kerk Bloemfontein-Oos
- Gereformeerde kerk Bloemfontein-Suid
- Gereformeerde kerk Bloemfontein-Suidheuwels
- Gereformeerde kerk Bloemhof
- Gereformeerde kerk Bloempark
- Gereformeerde kerk Boksburg
- Gereformeerde kerk Boksburg-Suid
- Gereformeerde kerk Boshof
- Gereformeerde kerk Bothaville
- Gereformeerde kerk Brackenhof
- Gereformeerde kerk Brackenhurst
- Gereformeerde kerk Brakpan
- Gereformeerde kerk Brakpan-Suid
- Gereformeerde kerk Brandfort
- Gereformeerde kerk Brits
- Gereformeerde kerk Brits-Wes
- Gereformeerde kerk Bronkhorstspruit
- Gereformeerde kerk Buffeldoorns
- Gereformeerde kerk Bulawayo
- Gereformeerde kerk Bultfontein
- Gereformeerde kerk Burgersdorp
- Gereformeerde kerk Cachet
- Gereformeerde kerk Carletonville
- Gereformeerde kerk Carolina
- Gereformeerde kerk Centurion
- Gereformeerde kerk Chinhoyi
- Gereformeerde kerk Christiana
- Gereformeerde kerk Clanwilliam
- Gereformeerde kerk Colesberg
- Gereformeerde kerk Cradock/Somerset-Oos
- Gereformeerde kerk Cullinan
- Gereformeerde kerk Daniëlskuil
- Gereformeerde kerk Daspoort
- Gereformeerde kerk De Aar
- Gereformeerde kerk Delarey
- Gereformeerde kerk Delareyville
- Gereformeerde kerk Delmas
- Gereformeerde kerk Delportshoop
- Gereformeerde kerk Dendron
- Gereformeerde kerk Derdepoort
- Gereformeerde kerk Die Kandelaar
- Gereformeerde kerk D'Kar
- Gereformeerde kerk Dordrecht
- Gereformeerde kerk Drieviersboom
- Gereformeerde kerk Duineveld
- Gereformeerde kerk Durban
- Gereformeerde kerk Durban-Noord
- Gereformeerde kerk Durban-Wes
- Gereformeerde kerk Eden
- Gereformeerde kerk Edenvale
- Gereformeerde kerk Eendracht
- Gereformeerde kerk Eikenhof
- Gereformeerde kerk Elandskraal
- Gereformeerde kerk Elandspoort
- Gereformeerde kerk Eldoret
- Gereformeerde kerk Elliot
- Gereformeerde kerk Eloffsdal
- Gereformeerde kerk Empangeni
- Gereformeerde kerk Ermelo
- Gereformeerde kerk Erongo
- Gereformeerde kerk Estcourt
- Gereformeerde kerk Evander
- Gereformeerde kerk Fauresmith
- Gereformeerde kerk Ficksburg
- Gereformeerde kerk Florida
- Gereformeerde kerk Fort Victoria-Nuanetsi
- Gereformeerde kerk Frankfort
- Gereformeerde kerk George
- Gereformeerde kerk Germiston
- Gereformeerde kerk Ghanzi
- Gereformeerde kerk Glencoe
- Gereformeerde kerk Gobabis
- Gereformeerde kerk Goedgegun
- Gereformeerde kerk Goeie Hoop
- Gereformeerde kerk Graaff-Reinet
- Gereformeerde kerk Griekwaland-Oos
- Gereformeerde kerk Groblersdal
- Gereformeerde kerk Grootfontein
- Gereformeerde kerk Gwelo-Gatooma
- Gereformeerde kerk Harare
- Gereformeerde kerk Harrismith
- Gereformeerde kerk Hartbeespoort (tot 2009 Die Moot)
- Gereformeerde kerk Heidelberg
- Gereformeerde kerk Heilbron
- Gereformeerde kerk Hendrina
- Gereformeerde kerk Hennenman
- Gereformeerde kerk Hentiesbaai
- Gereformeerde kerk Hermanus
- Gereformeerde kerk Hoedspruit
- Gereformeerde kerk Hoëveld
- Gereformeerde kerk Hofmeyr
- Gereformeerde kerk Humpata
- Gereformeerde kerk Indwe
- Gereformeerde kerk Innesdal
- Gereformeerde kerk Jacobsdal
- Gereformeerde kerk Jamestown
- Gereformeerde kerk Jeffreysbaai
- Gereformeerde kerk Johannesburg
- Gereformeerde kerk Johannesburg-Noord
- Gereformeerde kerk Johannesburg-Oos
- Gereformeerde kerk Johannesburg-Sentraal
- Gereformeerde kerk Johannesburg-Suid
- Gereformeerde kerk Johannesburg-Wes
- Gereformeerde kerk Kaapstad
- Gereformeerde kerk Kamanjab
- Gereformeerde kerk Kameeldrift
- Gereformeerde kerk Karasburg
- Gereformeerde kerk Kathu
- Gereformeerde kerk Keetmanshoop
- Gereformeerde kerk Kemptonpark
- Gereformeerde kerk Kemptonpark-Mooifontein
- Gereformeerde kerk Kemptonpark-Noord
- Gereformeerde kerk Khomas-Hoogland
- Gereformeerde kerk Kimberley
- Gereformeerde kerk Kleinmond
- Gereformeerde kerk Klerksdorp
- Gereformeerde kerk Klerksdorp-Noord
- Gereformeerde kerk Klerksdorp-Wes
- Gereformeerde kerk Klipriviersberg
- Gereformeerde kerk Koedoesrand
- Gereformeerde kerk Koffiefontein
- Gereformeerde kerk Komatipoort
- Gereformeerde kerk Koperstreek
- Gereformeerde kerk Koppies
- Gereformeerde kerk Koster
- Gereformeerde kerk Kriel
- Gereformeerde kerk Krokodilrivier
- Gereformeerde kerk Kroonstad
- Gereformeerde kerk Krugersdorp
- Gereformeerde kerk Krugersdorp-Oos
- Gereformeerde kerk Krugersdorp-Wes
- Gereformeerde kerk Kuruman
- Gereformeerde kerk Ladybrand
- Gereformeerde kerk Ladysmith
- Gereformeerde kerk Laeveld
- Gereformeerde kerk Lichtenburg
- Gereformeerde kerk Linden
- Gereformeerde kerk Lindley
- Gereformeerde kerk Louis Trichardt
- Gereformeerde kerk Lusaka
- Gereformeerde kerk Lydenburg
- Gereformeerde kerk Lyttelton
- Gereformeerde kerk Maclear
- Gereformeerde kerk Maclear-Elliot
- Gereformeerde kerk Mafikeng
- Gereformeerde kerk Magalakwin
- Gereformeerde kerk Magaliesburg
- Gereformeerde kerk Magol
- Gereformeerde kerk Marble Hall
- Gereformeerde kerk Mariental
- Gereformeerde kerk Matlabas
- Gereformeerde kerk Messina
- Gereformeerde kerk Meyerspark
- Gereformeerde kerk Meyerton
- Gereformeerde kerk Middelburg, Kaap
- Gereformeerde kerk Middelburg, Mpumalanga
- Gereformeerde kerk Middelburg-Noord
- Gereformeerde kerk Midrand
- Gereformeerde kerk Molopo
- Gereformeerde kerk Molteno
- Gereformeerde kerk Mosselbaai
- Gereformeerde kerk Naboomspruit
- Gereformeerde kerk Namib-Kus
- Gereformeerde kerk Nelspruit
- Gereformeerde kerk Newcastle
- Gereformeerde kerk Nigel
- Gereformeerde kerk Noordbrug
- Gereformeerde kerk Noord-Oosrand
- Gereformeerde kerk Noordrand
- Gereformeerde kerk Noupoort
- Gereformeerde kerk Nylstroom
- Gereformeerde kerk Odendaalsrus
- Gereformeerde kerk Okahandja
- Gereformeerde kerk Olifantshoek
- Gereformeerde kerk Ontdekkers
- Gereformeerde kerk Oos-Londen
- Gereformeerde kerk Oos-Moot
- Gereformeerde kerk Orania
- Gereformeerde kerk Oranjerivier
- Gereformeerde kerk Orkney
- Gereformeerde kerk Oshakati
- Gereformeerde kerk Otjiwarongo
- Gereformeerde kerk Oudtshoorn
- Gereformeerde kerk Outjo
- Gereformeerde kerk Paarl
- Gereformeerde kerk Parys
- Gereformeerde kerk Paulpietersburg
- Gereformeerde kerk Petrusburg
- Gereformeerde kerk Phalaborwa
- Gereformeerde kerk Philippolis
- Gereformeerde kerk Philipstown
- Gereformeerde kerk Piet Retief
- Gereformeerde kerk Pietermaritzburg
- Gereformeerde kerk Pietersburg
- Gereformeerde kerk Pietersburg-Noord
- Gereformeerde kerk Pietersburg-Suid
- Gereformeerde kerk Pinetown
- Gereformeerde kerk Pongola
- Gereformeerde kerk Port Elizabeth
- Gereformeerde kerk Postmasburg
- Gereformeerde kerk Potchefstroom
- Gereformeerde kerk Potchefstroom-Die Bult
- Gereformeerde kerk Potchefstroom-Mooirivier
- Gereformeerde kerk Potchefstroom-Noord
- Gereformeerde kerk Potchefstroom-Oos
- Gereformeerde kerk Potchefstroom-Suid
- Gereformeerde kerk Potgietersrus
- Gereformeerde kerk Potgietersrus-Wes
- Gereformeerde kerk Pretoria
- Gereformeerde kerk Pretoria-Alkantrant
- Gereformeerde kerk Pretoria-Annlin
- Gereformeerde kerk Pretoria-Brooklyn
- Gereformeerde kerk Pretoria-Magalieskruin
- Gereformeerde kerk Pretoria-Meintjeskop
- Gereformeerde kerk Pretoria-Montanapoort
- Gereformeerde kerk Pretoria-Noord
- Gereformeerde kerk Pretoria-Oos
- Gereformeerde kerk Pretoria-Rooiwal
- Gereformeerde kerk Pretoria-Sunnyside
- Gereformeerde kerk Pretoria-Wes
- Gereformeerde kerk Pretoria-Wonderboom-Suid
- Gereformeerde kerk Primrose
- Gereformeerde kerk Que
- Gereformeerde kerk Queenstown
- Gereformeerde kerk Randburg
- Gereformeerde kerk Randburg-Oos
- Gereformeerde kerk Randfontein
- Gereformeerde kerk Randfontein-Noord
- Gereformeerde kerk Reddersburg
- Gereformeerde kerk Reitz
- Gereformeerde kerk Rietvallei
- Gereformeerde kerk Roodepoort
- Gereformeerde kerk Rooihuiskraal
- Gereformeerde kerk Rundu
- Gereformeerde kerk Rustenburg
- Gereformeerde kerk Rustenburg-Noord
- Gereformeerde kerk Rustenburg-Noordoos
- Gereformeerde kerk Rustenburg-Oos
- Gereformeerde kerk Rustenburg-Wes
- Gereformeerde kerk Sannieshof
- Gereformeerde kerk Sanveld
- Gereformeerde kerk Sasolburg
- Gereformeerde kerk Sasolburg-Grootfontein
- Gereformeerde kerk Schweizer-Reneke
- Gereformeerde kerk Secunda
- Gereformeerde kerk Secunda-Oos
- Gereformeerde kerk Senekal
- Gereformeerde kerk Silverton
- Gereformeerde kerk Skeurvallei
- Gereformeerde kerk Springs
- Gereformeerde kerk Springs-Oos
- Gereformeerde kerk Standerton
- Gereformeerde kerk Stegi
- Gereformeerde kerk Stellenbosch
- Gereformeerde kerk Sterkstroom
- Gereformeerde kerk Steynsburg
- Gereformeerde kerk Steynsrus
- Gereformeerde kerk Stilbaai
- Gereformeerde kerk Stilfontein
- Gereformeerde kerk Stoffberg
- Gereformeerde kerk Strand
- Gereformeerde kerk Strydenburg
- Gereformeerde kerk Suidkus
- Gereformeerde kerk Swartruggens
- Gereformeerde kerk Thabazimbi
- Gereformeerde kerk Theunissen
- Gereformeerde kerk Totiusdal
- Gereformeerde kerk Transkei
- Gereformeerde kerk Tsumeb
- Gereformeerde kerk Tweespruit
- Gereformeerde kerk Uitenhage
- Gereformeerde kerk Uitschot
- Gereformeerde kerk Upington
- Gereformeerde kerk Usakos
- Gereformeerde kerk Vaalharts
- Gereformeerde kerk Vaalpark
- Gereformeerde kerk Vaalwater
- Gereformeerde kerk Vanderbijlpark
- Gereformeerde kerk Vanderbijlpark-Noord
- Gereformeerde kerk Vanderbijlpark-Oos
- Gereformeerde kerk Vanderbijlpark-Suid
- Gereformeerde kerk Ventersburg
- Gereformeerde kerk Ventersdorp
- Gereformeerde kerk Venterstad
- Gereformeerde kerk Vereeniging
- Gereformeerde kerk Vereeniging-Noord
- Gereformeerde kerk Vereeniging-Oos
- Gereformeerde kerk Viljoenskroon
- Gereformeerde kerk Virginia
- Gereformeerde kerk Vleuels (ou Bloemfontein-Wes)
- Gereformeerde kerk Volksrust
- Gereformeerde kerk Voortrekkerhoogte
- Gereformeerde kerk Vrede
- Gereformeerde kerk Vredenburg/Saldanha
- Gereformeerde kerk Vryburg
- Gereformeerde kerk Vryheid
- Gereformeerde kerk Walvisbaai
- Gereformeerde kerk Wapadrant
- Gereformeerde kerk Warmbad
- Gereformeerde kerk Waterberg
- Gereformeerde kerk Waterkloofrand
- Gereformeerde kerk Waterval-Boven
- Gereformeerde kerk Welkom
- Gereformeerde kerk Welkom-Noord
- Gereformeerde kerk Wepener
- Gereformeerde kerk Wesrand
- Gereformeerde kerk Westonaria
- Gereformeerde kerk Wierdapark
- Gereformeerde kerk Wilropark
- Gereformeerde kerk Windhoek
- Gereformeerde kerk Windhoek-Suid
- Gereformeerde kerk Witbank
- Gereformeerde kerk Witbank-Oos
- Gereformeerde kerk Witbank-Suid
- Gereformeerde kerk Witbank-Suidoos
- Gereformeerde kerk Witpoortjie
- Gereformeerde kerk Witrivier
- Gereformeerde kerk Wolmaransstad
- Gereformeerde kerk Wonderboompoort
- Gereformeerde kerk Wondersig
- Gereformeerde kerk Worcester
- Gereformeerde kerk Zastron
- Gereformeerde kerk Zeerust
- Gereformeerde kerk Zoutpansberg
Instellings
Mense
- Predikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika
- Willem Johannes de Klerk
- Wicus du Plessis
- C.J.H. de Wet
- Douw Venter
- Dirk Postma jr.
- Flippie Snyman
- Johannes Cornelis van Rooy
- Petrus Postma
- Marthinus Postma
- Dirk Postma, seun van Marthinus
- Stephanus Postma
- Willem Postma
- Johan van Ryssen
Eksterne skakels
- (af) Kerkregering
- (af) Die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika.
- (af) Die Kerkbode berig oor terugslag vir eenheid met NG Kerk[dooie skakel].
- (af) "Spanning in kerk loop uit op breuk" Geargiveer 9 Januarie 2012 op Wayback Machine