in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die Indiese Oseaan
Die Indiese Oseaan is die derde grootste watermassa in die wêreld en bevat ongeveer 20% van die aarde se totale water. Dit word in die noorde begrens deur Suid-Asië (die Indiese subkontinent ); aan die weste deur die Arabiese Skiereiland en Afrika ; aan die ooste deur die Maleise Skiereiland , die Soenda-eilande , en Australië ; en aan die suide deur die Suidelike Oseaan . Dit word van die Atlantiese Oseaan geskei deur die 20° oosterlengtelyn wat strek vanaf Kaap Agulhas ,[ 1] en deur die Stille Oseaan deur die 147° oosterlengtelyn.
Die noordegrens van die Indiese Oseaan is by ongeveer 30° Noord in die Persiese Golf . Die oseaan is amper 10 000 km (6 200 myl) breed by die suidepunte van Afrika en Australië; met 'n oppervlakte van 73 556 000 km² (28 400 000 vk. myl), insluitende die Rooisee en die Persiese Golf.
Die oseaan se volume word geskat op 292 131 000 km³ (70 086 000 kubieke myl). Klein eilande is verspreid geleë op die kontinentale rande. Eilandnasies in hierdie oseaan is Madagaskar , die wêreld se vierde grootste eiland; die Comore-eilande ; Maledive ; Mauritius ; Seychelle en Sri Lanka . Indonesië grens aan die oseaan.
Die eksklusiewe ekonomiese sone in die Atlantiese en Indiese Oseane
Marginale seë, golwe, baaie en seestrate van die Indiese Oseaan sluit in:
Die lande (gebiede in kursief) met 'n kuslyn aan die Indiese Oseaan (insluitende die Rooisee en die Persiese Golf) is: