Gaan na inhoud

Alpha Delphini

Koördinate: Sky map 30h 39m 38.28720s, +15° 54′ 43.4637″
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Alpha Delphini
Die ligging van Alpha Delphini (in die rooi sirkel).
Die ligging van Alpha Delphini (in die rooi sirkel).
Sterrebeeld Dolfyn
Spektraaltipe B9 IV[1]
Soort Veelvoudige ster
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 20h 39m 38.28720s[2]
Deklinasie +15° 54′ 43.4637″[2]
Skynmagnitude (m) 3,777[3] (3,86 + 6,43[4])
Absolute magnitude (M) -0,4[5]
B-V-kleurindeks  -0,061[3]
U-B-kleurindeks  -0,205[3]
Wentelperiode  17 jaar[4]
Besonderhede
Komponent 1 α Del Aa
Massa (M) 2.82[4]
Radius (R) 3,92[6]
Temperatuur (K) 11 643[7]
Rotasiespoed (km/s) 144[7]
Metaalinhoud [Fe/H] -0,49[6]
Eienskappe
Afstand (ligjaar) 254
Ouderdom (jaar) 227 miljoen[7]
Veelvoudigheid 2-7 sterre
Ander name
9 Delphini, BD+15 4222, HD 196867, HIP 101958, HR 7906, SAO 106357, CCDM J20396+1555, WDS J20396+1555
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde

Alpha Delphini (α Delphini, afgekort as Alpha Del of α Del) is ’n veelvoudige ster sowat 354 ligjare van die Son af in die sterrebeeld Dolfyn (Delphinus).

Metgeselle

[wysig | wysig bron]

α Delphini is ’n spektroskopiese dubbelster. Die komponente word Aa (amptelik bekend as Sualocin)[8] en Ab genoem,[9] of soms A en G.[10] Hulle is 0,2 boogsekondes van mekaar af en wentel elke 17 jaar om mekaar.

Verder is daar vyf dowwe sterre wat in katalogusse van veelvoudige sterre aangedui word. Hulle het ’n skynbare magnitude van sowat 11 tot 13 en is tussen sowat 35 en 72 boogsekondes van mekaar af. Hulle is vermoedelik net optiese metgeselle.[9][10]

Eienskappe

[wysig | wysig bron]

Die primêre ster, α Delphini Aa, het ’n sterreklassifikasie van B9IV. Die tweede ster s’n kan nie vasgestel word nie omdat dit te naby aan Aa en te dof is; sy ander eienskappe is ook nie bekend nie. Die primêre ster is ’n subreus wat van die hoofreeks af begin wegbeweeg het. Sy massa is 2,82 keer dié van die Son en dit is omtremt twee keer so warm.

Sualocin en Rotanev

[wysig | wysig bron]

Niccolò Cacciatore was ’n Italiaanse sterrekundige. Toe die Polermo-sterkatalogus in 1814 gepubliseer is, het die twee sterre Alpha en Beta Delphini daarin verskyn met die ongewone name "Sualocin" en "Rotanev". Eindelik het eerwaarde Thomas William Webb, ’n Britse sterrekundige, die raaisel opgelos oor waar dié name vandaan kom.[11]

Cacciatore se naam, wat in Afrikaans vertaal sou kon word as "Nikolaas Jagter", was in Latyn "Nicolaus Venator". As ’n mens die letters van dié naam en van van agter na voor lees, kom jy by die name van die twee sterre uit. Cacciatore se grappie om die sterre na homself te noem, is vandag nog geldig. In 2016 het die Internasionale Astronomiese Unie se sternaamwerkgroep (WGSN) die naam "Sualocin" vir die ster Alpha Delphini Aa goedgekeur[12] omdat hulle eiename aan individuele sterre toegeken het in plaas van aan stergroepe.

Hoe Webb by sy gevolgtrekking uitgekom het 45 jaar ná die publikasie van die katalogus, is steeds ’n geheim.[13]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Morgan, W. W.; Keenan, P. C. (1973). "Spectral Classification". Annual Review of Astronomy and Astrophysics. 11: 29. Bibcode:1973ARA&A..11...29M. doi:10.1146/annurev.aa.11.090173.000333.
  2. 2,0 2,1 van Leeuwen, F. (2007). "Validation of the new Hipparcos reduction". Astronomy and Astrophysics. 474 (2): 653–664. arXiv:0708.1752. Bibcode:2007A&A...474..653V. doi:10.1051/0004-6361:20078357.Vizier catalog entry
  3. 3,0 3,1 3,2 Oja, T. (1991). "UBV photometry of stars whose positions are accurately known. VI". Astronomy and Astrophysics Supplement Series (ISSN 0365-0138). 89: 415. Bibcode:1991A&AS...89..415O.
  4. 4,0 4,1 4,2 Malkov, O. Yu.; Tamazian, V. S.; Docobo, J. A.; Chulkov, D. A. (2012). "Dynamical masses of a selected sample of orbital binaries". Astronomy & Astrophysics. 546: A69. Bibcode:2012A&A...546A..69M. doi:10.1051/0004-6361/201219774.
  5. Jaschek, C.; Gomez, A. E. (1998). "The absolute magnitude of the early type MK standards from HIPPARCOS parallaxes". Astronomy and Astrophysics. 330: 619. Bibcode:1998A&A...330..619J.
  6. 6,0 6,1 Fitzpatrick, E. L.; Massa, D. (2005). "Determining the Physical Properties of the B Stars. II. Calibration of Synthetic Photometry". The Astronomical Journal. 129 (3): 1642. arXiv:astro-ph/0412542. Bibcode:2005AJ....129.1642F. doi:10.1086/427855.
  7. 7,0 7,1 7,2 David, Trevor J.; Hillenbrand, Lynne A. (2015). "The Ages of Early-type Stars: Strömgren Photometric Methods Calibrated, Validated, Tested, and Applied to Hosts and Prospective Hosts of Directly Imaged Exoplanets". The Astrophysical Journal. 804 (2): 146. Bibcode:2015ApJ...804..146D. doi:10.1088/0004-637X/804/2/146.
  8. "IAU Catalog of Star Names" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 April 2020. Besoek op 28 Julie 2016.
  9. 9,0 9,1 Mason, Brian D.; Wycoff, Gary L.; Hartkopf, William I.; Douglass, Geoffrey G.; Worley, Charles E. (2001). "The 2001 US Naval Observatory Double Star CD-ROM. I. The Washington Double Star Catalog". The Astronomical Journal. 122 (6): 3466. Bibcode:2001AJ....122.3466M. doi:10.1086/323920.
  10. 10,0 10,1 Dommanget, J.; Nys, O. (1994). "Catalogue des composantes d'etoiles doubles et multiples (CCDM) premiere edition – Catalogue of the components of double and multiple stars (CCDM) first edition". Com. de l'Observ. Royal de Belgique. 115: 1. Bibcode:1994CoORB.115....1D.
  11. Webb, T.W. (1859). Celestial Objects for Common Telescopes. Londen: Longmans, Green and Co. pp. 193–194.
  12. "Bulletin of the IAU Working Group on Star Names, No. 1" (PDF). Besoek op 28 Julie 2016.
  13. Hurn, Mark. "Secrets of the 1814 Palermo Star Catalogue". The Story of Star Names. Mark Hurn, Institute of Astronomy Library, Univ. of Cambridge. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Maart 2016. Besoek op 11 Mei 2015.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]