Gaan na inhoud

Yster(III)oksied

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Eienskappe

Algemeen

Naam Yster(III)oksied 
IUSTC-naam Yster(III)oksied
Struktuurformule van
Struktuurformule van
Chemiese formule Fe2O3
Molêre massa 159,69 g/mol[1]
CAS-nommer 1309-37-1[1]  
Voorkoms rooi vastestof[1]  
Reuk reukloos[1]
Fasegedrag
Smeltpunt 1538 °C[1]
Kookpunt
Digtheid 5,240 [g/cm3][1]
Oplosbaarheid onoplosbaar[1]

Suur-basis eienskappe

pKa

Veiligheid

Flitspunt  
LD50 >10 000 [mg/kg][1]

Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande.

 
Portaal Chemie

Yster(III)oksied is 'n verbinding van yster in sy +3 oksidasietoestand en chemiese formule Fe2O3. Dit is een van verskeie ysteroksiede en kom in die natuur voor as die mineraal hematiet.

Kristalstrukture

[wysig | wysig bron]

Daar is verskeie polimorfe.

  1. α-Fe2O3. Dit het die heksagonale D51-korundumstruktuur (R3c, nommer 167).[2]
  2. β-Fe2O3. Dit het die kubiese bixbyïet-struktuur het (D53; Ia3; nommer 206; a=940,39(1) pm)[3])
  3. γ-Fe2O3 (D57 P4332 nommer 212 of P4132 nommer 213 a=840,0pm[4]
  4. ε-Fe2O3 het 'n ortorombiese struktuur. (Pna21 nommer 33)[5]
  5. ζ-Fe2O3 het 'n monokliniese struktuur (I2/a nommer 15).

α-Fe2O3

[wysig | wysig bron]

Dit is die bekendste vorm en kom in die natuur as die mineraal hematiet voor. Dit is 'n antiferromagneet onder 260K wat bo hierdie temeperatuur swak ferromagneties word. Dit het 'n Curietemperatuur van 956K.[6]

β-Fe2O3

[wysig | wysig bron]

Dit is 'n taamlik rare vorm. Dit is 'n metastabiele fase wat teen 500°C transformeer in die alfafase en dit is 'n antiferromagneet met 'n Néeltemperatuur van 119K.[7]

γ-Fe2O3

[wysig | wysig bron]

Hierdie vorm is bekend as die mineraal maghemiet. Hierdie fase is 'n ferrimagneet. Sy Curietemperatuur is dalk ~645°C, maar die fase is metastabiel begin bo 510°C om na die stabiele alfafase om te skakel. [8]

ε-Fe2O3

[wysig | wysig bron]

Dit is metastabiel by kamertemperatuur en -druk, maar dit is die hoëtemperatuurfase van γ-Fe2O3 bo 700° C, wat stabiel is tot bo 1100°C , moontlik tot 1400°C. By drukke bo 27 GPa stort die volume ineen wat dui op 'n oorgang van eerste orde na 'n struktuur met oktaëdriese pleks van tetraëdriese omringing. Die epsilonfase skyn deur klein afmetings van kristalliete gestabiliseer te word en dit kom in plante voor. Daar is 'n mineraal luogufengiet wat aluminium bevat en isomorfies is.

ζ-Fe2O3

[wysig | wysig bron]

Hierdie fase is taamlik nuut en opgemerk in hoëdrukeksperimente.[5]

Chemiese eienskappe

[wysig | wysig bron]
Termietsweis by die spoor

Yster(III)oksied kan op verskeie maniere tot ystermetaal gereduseer word. Een is met koolstofmonoksied:[9]

'n Ander is met koolstof self (steenkool)

Hierdie reaksies stel nogtans baie koolstofdioksied vry wat 'n bydrae tot klimaatverandering verteenwoordig. Yster en sy legerings (staal) kan egter ook met waterstof gereduseer word.

Indien die gebruikte waterstof uit hernubare energie verkry word, sal dit geen klimaatprobleme meer veroorsaak nie.

'n Ander bekende reduksiereaksie word die termietreaksie genoem. Die reduseermiddel is aluminiumpoeier

Hierdie reaksie kan temperature van 2 500° tot 3 000° C bereik en word soms vir termietsweiswerk gebruik.

Yster(III)oksied is onoplosbaar in water, maar sterk sure soos soutsuur of perchloorsuur kan gebruik word om dit op te los. Omdat ysteroksiede en hidroksiede dikwels as onsuiwerheid in klei of ander silikaatminerale voorkom, is dit ook 'n tegniese probleem. Reduksie van Fe(III) na Fe(II) maak dit beter oplosbaar. Soms word organiese sure soos oksaalsuur gebruik omdat dit ook yster komplekseer en hiermee yster as yster(II)oksalaat uitgeloog kan word. [10]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 1,4 1,5 1,6 1,7 "MSDS". Fisher.
  2. "Corundum". Aflow.
  3. Teruaki Danno, Daisuke Nakatsuka, Yoshihiro Kusano, Hiroshi Asaoka, Makoto Nakanishi, Tatsuo Fujii, Yasunori Ikeda, and Jun Takada (2013). "Crystal Structure of β-Fe2O3 and Topotactic Phase Transformation to α-Fe2O3". Crystal Growth & Design. 13 (2): 770–774. doi:10.1021/cg301493a.{{cite journal}}: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)
  4. "Maghemite". Aflow.
  5. 5,0 5,1 Sans, J.A., Monteseguro, V., Garbarino, G (2018). "Stability and nature of the volume collapse of ε-Fe2O3 under extreme conditions". Nat Commun. 9: 4554. doi:10.1038/s41467-018-06966-9.{{cite journal}}: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)
  6. "α-Fe2O3". Aalto.
  7. "β-Fe2O3". Aalto.
  8. Özdemir, Ö., Banerjee, S.K. (1984). "High temperature stability of maghemite (γ-Fe2O3)". Geophys. Res. Lett. 11: 161–164. doi:10.1029/GL011i003p00161.{{cite journal}}: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)
  9. Bokhorst, S.C. (1939). Leerboek der scheikunde ten dienste van hogere burgerscholen, gymnasia en lycea. Wolters.{{cite book}}: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)
  10. Sung Oh Lee, Tam Tran, Byoung Hi Jung, Seong Jun Kim, Myong Jun Kim (2007). "Dissolution of iron oxide using oxalic acid". Hydrometallurgy. 87 (3–4): 91–99. doi:10.1016/j.hydromet.2007.02.005.{{cite journal}}: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)