Witooievaar
Witooievaar | |
---|---|
Volwasse Witooievaar | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | C. ciconia
|
Binomiale naam | |
Ciconia ciconia (Linnaeus, 1758)
| |
Verspreiding en roetes
██ Broeigebied ██ Winter ██ Migrasie roetes | |
Sinonieme | |
Ardea ciconia Linnaeus, 1758 |
Die witooievaar (Ciconia ciconia) is 'n algemene trekvoël wat voorkom in Suider-Afrika. Die voël is 100 – 120 cm groot en weeg 2.4 – 4 kg. In Engels staan die voël bekend as White Stork.
Fotogalery
[wysig | wysig bron]-
'n Jong witooievaar wat 'n insek vreet.
-
In vlug. Let op hoe hulle hulle nekke reguit trek as hulle vlieg.
-
Witooievaars vermy gewoonlik gebiede met lang gras of ruig plantegroei.
-
Migrasie oor Israel.
-
Neste in Spanje.
-
Witooievaars besig om te paar in Italië.
-
Eier van 'n witooievaar.
Dit is waarskynlik die beroemdste lid van die orde en staan in Suid-Afrika ook bekend as die groot wit sprinkaanvoël. Hulle broei in Europa, maar wanneer die Europese winter aanbreek, verhuis hulle in swerms van 300 of meer na Afrika. In die somermaande kom hulle in groot getalle voor oor die hele Suid-Afrika van die Kaap tot aan die Limpopo, en gevalle is selfs bekend van witooievaars wat in Suid-Afrika broei.
Aangesien hulle sprinkane, wurms en verskeie insekte vreet, is hulle baie gewild by die boer. In Europa maak hulle nes op die dakke van woonhuise, kerke en ander geboue. In veral Nederland en Duitsland beskou die mense die witooievaar as 'n gelukbringer. Die voëls was volop in Europa maar het al hoe skaarser in die stede en dorpe geword.
In vlug kan mens hulle onderskei van reiers omdat hulle met die kop en nek vorentoe gestrek vlieg. Die reiers (Ardeidae) vlieg met die kop en nek in die vorm van 'n S.
Sien ook
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met Ciconia ciconia. |
- Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls
- Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer)
- Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
- Ooievaaragtiges
Bronnelys
[wysig | wysig bron]- Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011. ISBN 978-1-77007-926-7
- KENNIS, vol 13, 1980, bl. 2617-2619, ISBN 0 7981 0835 5
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ BirdLife International (2012). "Ciconia ciconia". IUBN-rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2012.1. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur. Besoek op 16 Julie 2012.
{{cite web}}
: Ongeldige|ref=harv
(hulp)