Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/26 Augustus
Voorkoms
26 Augustus: Heldedag en Hererodag in Namibië; Vrouegelykheidsdag in die Verenigde State.
- 1883 – 'n Vulkaniese uitbarsting van Krakatoa in Indonesië veroorsaak 'n rampspoedige tsoenami wat baie nedersettings vernietig en 36 000 lewens in Java en Sumatra eis.
- 1916 – Eerste Wêreldoorlog: Die Unie van Suid-Afrika se generaal Jan Smuts bring die Duits-Oos-Afrikaanse regering tot 'n val.
- 1960 – Apartheid: Die noodtoestand wat op 30 Maart in Suid-Afrika afgekondig is ná die Sharpeville-slagting, word opgehef.
- 1974 – Oorlede: Die Amerikaanse lugvaartpionier Charles Lindbergh.
- 1985 – Zola Budd verbeter die 5 000 m-wêreldrekord vir vroue.