Valke (rugbyspan)
Valke | ||||
Bynaam(e) | Skarlakenrooies | |||
Embleem | Valk | |||
Stigting | 1947[1] | |||
Unie | Valke Rugbyunie | |||
Ligging | Kemptonpark | |||
Streek | Oos-Rand, Vaaldriehoek | |||
Stadion | Barnardstadion | |||
President | SJ de Beer | |||
HUB | Jurie Coetzee | |||
Afrigter(s) | JP Immelman | |||
Kaptein(s) | JP Mostert | |||
Liga(s) | Curriebeker Rugby-uitdaagreeks | |||
| ||||
Statistiek
| ||||
---|---|---|---|---|
Meeste wedstryde | 157 Tjaart van der Walt | |||
Meeste punte | 732 Hendrik Labuschagne | |||
Unie webwerf | ||||
www.valke.co.za |
Die Valke is 'n rugbyspan in Kemptonpark, Suid-Afrika. Hulle was vroeër bekend as Oos-Transvaal en staan in volksmond ook bekend as die Skarlakenrooies.
Die Valke Rugbyunie is oorspronklik in 1947 gestig as die Oos-Transvaalse Rugbyvoetbalunie. Na die 1995-wêreldbeker het rugby in Suid-Afrika ’n professionele sport geword. ’n Besluit is geneem dat daar minder provinsiale unies sou wees en gevolglik het die Oos-Transvaalse Rugbyvoetbalunie met die Vaaldriehoek Rugbyunie saamgesmelt om in 1998 die Valke Rugbyunie te vorm.
Die Valke se tuisveld is die Barnardstadion. Hulle neem aan die Curriebekerkompetisie deel. Die voedingsbron vir hulle spelers is die Oos-Rand en die Vaaldriehoek.
Springbokspelers
[wysig | wysig bron]Die Valkespelers wat ook vir die Springbokke uitgedraf het is in alfabetiese volgorde:[2]
Van | Noemnaam Bynaam |
Doopnaam(e) | Aantal Toetse | Geboortedorp en datum |
Skool | Datum van eerste toets | Datum van laaste toets |
---|---|---|---|---|---|---|---|
Dalton | Bullet | James | 43 | Johannesburg, 16 Augustus 1972 | Jeppe High School | 8 Oktober 1994 | 23 November 2002 |
de Kock | Deon | Deon | 2 | Empangeni, 5 November 1975 | Hoërskool Alberton | 17 November 2001 | 1 Desember 2001 |
Delport | Thinus | Gerhardus Marthinus | 18 | Port Elizabeth, 2 Februarie 1975 | Hoërskool Linden | 10 Junie 2000 | 8 November 2003 |
Jacobs | Adi | Adrian Abraham | 24 | Kraaifontein, 14 Augustus 1980 | Hoërskool Scottsville | 17 November 2001 | 1 Augustus 2009 |
Riley | Norman | Norman Michael | 1 | Benoni, 25 Februarie 1939 | Hoërskool John Vorster, Nigel | 24 Augustus 1963 | 24 Augustus 1963 |
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "Valke" (in Engels). SARugby.co.za. Geargiveer vanaf die oorspronklike (html) op 1 Desember 2010. Besoek op 12 Julie 2010.
- ↑ http://www.genslin.us/bokke Besoek op 1 Augustus 2009
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Die Valke se tuisblad[dooie skakel]
- Spanprofiel