Suid-Amerika Rugby
Suid-Amerika Rugby | |
---|---|
Kenteken van Suid-Amerika Rugby
| |
Spaanse en Portugese naam | Sudamérica Rugby |
Afkorting | SAR |
Vasteland | Suid-Amerika |
Lede | 16 |
Sportsoorte | Rugby, Sewesrugby |
Gestig op | 14 Oktober 1988 |
Gestig in | Asunción, Paraguay |
Sambreelorganisasie | Wêreldrugby |
Aangesluit in | 1988 |
President | Sebastián Piñeyrúa ( Uruguay) |
Setel | Buenos Aires, Argentinië |
Amptelike tale | Spaans en Portugees |
Amptelike webwerf | sudamerica.rugby |
Suid-Amerika Rugby (Spaans en Portugees: Sudamérica Rugby, afgekort “SAR”) is die kontinentale beheerliggaam vir rugby in Suid-Amerika. Hulle is ook een van Wêreldrugby se ses kontinentale konfederasies.[1] Die konfederasie is in 1988 gestig en hulle hoofkantoor is in Buenos Aires, Argentinië, geleë. Die amptelike tale is Spaans en Portugees en Sebastián Piñeyrúa dien as president van Suid-Amerika Rugby.
Suid-Amerika Rugby organiseer verskeie vastelandse toernooie, insluitend die Amerikas Rugbykampioenskap (saam met Rugby Amerikas Noord) en die Suid-Amerikaanse Rugbykampioenskap vir nasionale seniorrugbyspanne vir mans, vroue en jeug. Suid-Amerika Rugby hou ook toesig oor Sewesrugby in Suid-Amerika en aangesien dit ’n Olimpiese sportsoort is, werk hulle met die Pan-Amerikaanse Sportorganisasie (PASO) saam.
In 1988 is Suid-Amerika Rugby in Asunción, Paraguay, deur Argentinië, Brasilië, Chili, Paraguay en Uruguay as CONSUR gestig.[2] In 2015 is CONSUR in Suid-Amerika Rugby hernoem.
Lidlande
[wysig | wysig bron]Suid-Amerika Rugby het tans 16 lede:
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ (en) "South America". Wêreldrugby. Besoek op 17 Desember 2023.
- ↑ (es) "Historia". Suid-Amerika Rugby. 2021. Besoek op 17 Desember 2023.
- ↑ (en) "Global Participation in Rugby" (PDF). Wêreldrugby. 2018. Besoek op 17 Desember 2023.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- (es) (pt) Amptelike webwerf