Gaan na inhoud

Homs

Koördinate: 34°43′51″N 36°42′34″O / 34.73083°N 36.70944°O / 34.73083; 36.70944
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Homs

حمص‎
Ḥimṣ
Stad
Homs is in Sirië
Homs
Homs
Koördinate: 34°43′51″N 36°42′34″O / 34.73083°N 36.70944°O / 34.73083; 36.70944
LandVlag van Sirië Sirië
GouvernementHoms
DistrikHoms
Stigting2000 v.C.
Regering
 • GoewerneurGhassan Mustafa Abdul-Aal
 • President van die StadsraadNadia Kseibi
Oppervlak
 • Stad48 km2 (19 vk. myl)
 • Stedelik
76 km2 (29 vk. myl)
 • Metro
104 km2 (40 vk. myl)
Hoogte
501 m (1 644 ft)
Bevolking
 • Stad652 609
 • Metro
750 501
TydsoneUTC+02:00 (OET)
 • SomertydUTC+03:00 (OEST)
Skakelkodes031

Homs (Arabies: حمص‎ Ḥimṣ) is 'n stad in Sirië en het 'n bevolking van 652 609 in 2004 gehad. Die stad is net noordoos van die grens met die Libanon geleë.

Agtergrond

[wysig | wysig bron]

Die geskiedenis van Homs dateer terug na 2300 vC. Gedurende die tyd van die Romeinse Ryk was dit bekend as Emesa. Keiser Diocletianus het 'n dam in die Orontesrivier laat bou om waterbestuur te verbeter. Die Meer van Homs is daarmee geskep. Homs was vir etlike eeue die setel van die Aartsbiskopdom Emesa.[1]

Die graf van Khalid ibn Walid (ongeveer 590-642), 'n beroemde Arabiese vegter, is ook hier te vinde. Sowat 40 kilometer van Homs af is die Wêrelderfenisgebied Krak des Chevaliers, 'n kasteel uit die 11de eeu. Die stad is in 1400 deur Timoer Lenk verower.

Voordat die burgeroorlog in 2011 begin het, het Homs meer as 'n miljoen inwoners gehad, insluitend die voorstede. Homs het eeue lank 'n minderheid van Aramese Siriese Ortodokse Christene gehad. In die 20ste eeu het die aantal Christene egter drasties gedaal.[2][3][4]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. (en) Homs: Syrian revolution's fallen 'capital', BBC, 9 december 2015.
  2. Hoofdstad Syrische revolutie ligt volledig in puin, Het Laatste Nieuws, 29 julie 2013.
  3. Nederlandse Omroep Stichting|NOS. Opnieuw evacuaties uit Homs, 10 februari 2014. Gearchiveerd op 9 februarie 2023.
  4. NOS. Nederlandse pater in Syrië gedood, 7 april 2014. Gearchiveerd op 2 februari 2023.