Duineknoppiesbos
Duineknoppiesbos | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | L. linifolium
|
Binomiale naam | |
Leucadendron linifolium (Jacq.) R.Br.
| |
Sinonieme | |
|
Die Duineknoppiesbos (Leucadendron linifolium) is 'n blomdraende struik wat tot die genus Leucadendron behoort en deel van die fynbos-bioom vorm. Die plant is endemies aan die Wes-Kaap, waar dit voorkom in die Kaapse Vlakte vanaf Eersterivier tot die Strand, Botrivier tot by Elim en Bredasdorp, Potberg en Jakkalsfontein te Riversdalvlakte. Die struik word 2 m hoog en dra blomme in September tot Oktober.
Vuur vernietig die plant maar die sade oorleef. Die sade word geberg in 'n tol op die vroulike plant en word vrygelaat waar dit na die grond val en moontlik deur die wind versprei word. Die plant is eenslagtig en daar is manlike- en vroulike plante. Insekte doen die bestuiwing. Die plant groei hoofsaaklik in waterdeurdringde, sanderige grond op hoogtes van 5-120 m.
In Engels staan dit as die Line-leaf Conebush bekend.
Verwysings
[wysig | wysig bron]Bronne
[wysig | wysig bron]Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Duineknoppiesbos.