Chinese Nuwejaar
Chinese Nuwejaar | ||
Name (taalvariante) | ||
Tradisionele Chinees | 春節 | |
Vereenvoudigde Chinees | 春节 | |
Pinyin | Chūnjié |
Die Chinese Nuwejaar,[1] ook bekend as die Lentefees of Maannuwejaar, is ’n belangrike feesdag in moderne China wat aan die begin van die tradisionele Chinese maansonkalender gevier word. Vierings duur gewoonlik van die aand voor die eerste dag tot met die Lanternfees op die 15de dag van die eerste kalendermaand. Die eerste dag van die nuwe jaar val op die donkermaan tussen 21 Januarie en 20 Februarie. In 2020 was die Maannuwejaar op Saterdag 25 Januarie 2020; dit was die begin van die Jaar van die Rot.
Beskrywing
[wysig | wysig bron]Die Nuwejaarfees is eeue oud en vind plaas na aanleiding van verskeie mites en gebruike. Die fees was tradisioneel ’n tyd om gode en voorouers te vereer.[2] Die Maannuwejaar word ook in ander Asiatiese lande en gebiede gevier, soos Taiwan, Hongkong, Macau, Singapoer,[3] Indonesië, Maleisië, Korea, Thailand, Viëtnam, Kambodja, Mauritius, Australië,[4] Filippyne.[5][6] en Suid-Afrika.
In China is daar groot verskille tussen die streeksgebruike en tradisies van die viering van die Nuwejaar. Die aand voor die tyd is gewoonlik ’n geleentheid vir Chinese families om byeen te kom vir ’n jaarlikse reünie-ete. Dit is ook tradisie dat die familie hul huis deeglik skoonmaak om slegte geluk weg te vee en plek te maak vir goeie geluk. Vensters en deure word versier met rooi papier en gedigte met gewilde temas soos geluk, rykdom en ’n lang lewe. Ander bedrywighede sluit in klappers skiet en die gee van geld in rooi koeverte. Kluitjies, veral met groentevulsels, is ook gewilde eetgoed tydens die feesvierings.
Dit is een van die wêreld se grootste feeste, met "die grootste jaarlikse menslike migrasie in die wêreld".[7]
Datums van die Chinese Nuwejaar
[wysig | wysig bron]Hier onder volg die datum en naam van die Chinese Nuwejaar van 2001 tot 2100.
Volgens die Gregoriaanse kalender begin die Chinese Nuwejaar met die donkermaan tussen 21 Januarie en 20 Februarie. Baie mense werk hul Chinese geboortejaar verkeerdelik volgens hul Gregoriaanse geboortejaar uit. Omdat die Chinese jaar in laat Januarie tot middel Februarie begin, hou die vorige Chinese jaar tot die vorige dag aan. Die Jaar van die Slang 1989 het byvoorbeeld op 6 Februarie 1989 begin. Die voorafgaande Jaar van die Draak 1988 het dus tot 5 Februarie 1989 geduur. Iemand wat tussen 1 Januarie en 5 Februarie 1989 gebore is, is eintlik in die Jaar van die Draak gebore en nie in die Jaar van die Slang nie. Dit word nie altyd op aanlyn webtuistes wat geboortejare bereken, in berekening gebring nie.[8]
Gregoriaans | Datum | Dier | Dag van die week | Gregoriaans | Datum | Dier | Dag van die week | |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|
2001 | 24 Jan. | Slang | Woensdag | 2026 | 17 Feb. | Perd | Dinsdag | |
2002 | 12 Feb. | Perd | Dinsdag | 2027 | 6 Feb. | Bok | Saterdag | |
2003 | 1 Feb. | Bok | Saterdag | 2028 | 26 Jan. | Aap | Woensdag | |
2004 | 22 Jan. | Aap | Donderdag | 2029 | 13 Feb. | Haan | Dinsdag | |
2005 | 9 Feb. | Haan | Woensdag | 2030 | 3 Feb. | Hond | Sondag | |
2006 | 29 Jan. | Hond | Sondag | 2031 | 23 Jan. | Vark | Donderdag | |
2007 | 18 Feb. | Vark | Sondag | 2032 | 11 Feb. | Rot | Woensdag | |
2008 | 7 Feb. | Rot | Donderdag | 2033 | 31 Jan. | Os | Maandag | |
2009 | 26 Jan. | Os | Maandag | 2034 | 19 Feb. | Tier | Sondag | |
2010 | 14 Feb. | Tier | Sondag | 2035 | 8 Feb. | Konyn | Donderdag | |
2011 | 3 Feb. | Konyn | Donderdag | 2036 | 28 Jan. | Draak | Maandag | |
2012 | 23 Jan. | Draak | Maandag | 2037 | 15 Feb. | Slang | Sondag | |
2013 | 10 Feb. | Slang | Sondag | 2038 | 4 Feb. | Perd | Donderdag | |
2014 | 31 Jan. | Perd | Vrydag | 2039 | 24 Jan. | Bok | Maandag | |
2015 | 19 Feb. | Bok | Donderdag | 2040 | 12 Feb. | Aap | Sondag | |
2016 | 8 Feb. | Aap | Maandag | 2041 | 1 Feb. | Haan | Vrydag | |
2017 | 28 Jan. | Haan | Saterdag | 2042 | 22 Jan. | Hond | Woensdag | |
2018 | 16 Feb. | Hond | Vrydag | 2043 | 10 Feb. | Vark | Dinsdag | |
2019 | 5 Feb. | Vark | Dinsdag | 2044 | 30 Jan. | Rot | Saterdag | |
2020 | 25 Jan. | Rot | Saterdag | 2045 | 17 Feb. | Os | Vrydag | |
2021 | 12 Feb. | Os | Vrydag | 2046 | 6 Feb. | Tier | Dinsdag | |
2022 | 1 Feb. | Tier | Dinsdag | 2047 | 26 Jan. | Konyn | Saterdag | |
2023 | 22 Jan. | Konyn | Sondag | 2048 | 14 Feb. | Draak | Vrydag | |
2024 | 10 Feb. | Draak | Saterdag | 2049 | 2 Feb. | Slang | Dinsdag | |
2025 | 29 Jan. | Slang | Woensdag | 2050 | 23 Jan. | Perd | Sondag |
Gregoriaans | Datum | Dier | Dag van die week | Gregoriaans | Datum | Dier | Dag van die week | |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|
2051 | 11 Feb. | Bok | Saterdag | 2076 | 5 Feb. | Aap | Woensdag | |
2052 | 1 Feb. | Aap | Donderdag | 2077 | 24 Jan. | Haan | Sondag | |
2053 | 19 Feb. | Haan | Woensdag | 2078 | 12 Feb. | Hond | Saterdag | |
2054 | 8 Feb. | Hond | Sondag | 2079 | 2 Feb. | Vark | Donderdag | |
2055 | 28 Jan. | Vark | Donderdag | 2080 | 22 Jan. | Rot | Maandag | |
2056 | 15 Feb. | Rot | Dinsdag | 2081 | 9 Feb. | Os | Sondag | |
2057 | 4 Feb. | Os | Sondag | 2082 | 29 Jan. | Tier | Donderdag | |
2058 | 24 Jan. | Tier | Donderdag | 2083 | 17 Feb. | Konyn | Woensdag | |
2059 | 12 Feb. | Konyn | Woensdag | 2084 | 6 Feb. | Draak | Sondag | |
2060 | 2 Feb. | Draak | Maandag | 2085 | 26 Jan. | Slang | Vrydag | |
2061 | 21 Jan. | Slang | Vrydag | 2086 | 14 Feb. | Perd | Donderdag | |
2062 | 9 Feb. | Perd | Donderdag | 2087 | 3 Feb. | Bok | Maandag | |
2063 | 29 Jan. | Bok | Maandag | 2088 | 24 Jan. | Aap | Saterdag | |
2064 | 17 Feb. | Aap | Sondag | 2089 | 10 Feb. | Haan | Donderdag | |
2065 | 5 Feb. | Haan | Donderdag | 2090 | 30 Jan. | Hond | Maandag | |
2066 | 26 Jan. | Hond | Dinsdag | 2091 | 18 Feb. | Vark | Sondag | |
2067 | 14 Feb. | Vark | Maandag | 2092 | 7 Feb. | Rot | Donderdag | |
2068 | 3 Feb. | Rot | Vrydag | 2093 | 27 Jan. | Os | Dinsdag | |
2069 | 23 Jan. | Os | Woensdag | 2094 | 15 Feb. | Tier | Maandag | |
2070 | 11 Feb. | Tier | Dinsdag | 2095 | 5 Feb. | Konyn | Saterdag | |
2071 | 31 Jan. | Konyn | Saterdag | 2096 | 25 Jan. | Draak | Woensdag | |
2072 | 19 Feb. | Draak | Vrydag | 2097 | 12 Feb. | Slang | Dinsdag | |
2073 | 7 Feb. | Slang | Dinsdag | 2098 | 1 Feb. | Perd | Saterdag | |
2074 | 27 Jan. | Perd | Saterdag | 2099 | 21 Jan. | Bok | Woensdag | |
2075 | 15 Feb. | Bok | Vrydag | 2100 | 9 Feb. | Aap | Dinsdag |
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 中國古代歲首分那幾種?各以何為起點? [In ancient China, how to decide the starting point of a year?] (in Chinees). Central Weather Bureau. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Mei 2020. Besoek op 26 Januarie 2017.
- ↑ "Chinese New Year" (in Engels). History. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Januarie 2014. Besoek op 9 Februarie 2013.
- ↑ "Chinese New Year 2011" (in Engels). YourSingapore.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Maart 2015. Besoek op 2 November 2011.
- ↑ "Festivals, Cultural Events and Public Holidays in Mauritius". Mauritius Tourism Authority. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Februarie 2016. Besoek op 28 Januarie 2012.
- ↑ "Philippines adds Chinese New Year to holidays – Yahoo! News Philippines" (in Engels). Ph.news.yahoo.com. 2 Desember 2011. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 29 Junie 2013.
- ↑ "List of nationwide holidays for 2014; The Official Gazette". gov.ph. 1 Oktober 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Januarie 2014. Besoek op 10 Januarie 2014.
- ↑ China's holiday rush begins early, BBC
- ↑ "Chinese New Year Calendar". Chinese New Year. chinesenewyears.info. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 April 2020. Besoek op 2 Augustus 2017.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia