Gaan na inhoud

Celaya

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Celaya

Kaart Vlag
Wapen
 Land Vlag van Meksiko Meksiko
 Deelstaat Guanajuato
 Koördinate 20°31′23″N 100°48′50″W / 20.52306°N 100.81389°W / 20.52306; -100.81389
 Gestig op 12 Oktober 1570
 Oppervlakte:  
 - Totaal 553,18 vk km
 Hoogte bo seevlak 1 750 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2010) 310 413
 - Bevolkingsdigtheid 561/vk km
 Tydsone UTC -6
 Burgemeester Ismael Pérez Ordaz
  Amptelike Webwerf www.celaya.gob.mx

Celaya (Baskiese taal: Zelaia, wat beteken "plat land") is 'n Meksikaanse stad, met 'n bevolking van 305 913 mense. Dit is die hoofstad van die ooreenstemmende benaamde munisipaliteit en Rooms-Katolieke bisdom in die staat Guanajuato. Celaya is in die suidooste van Guanajuato geleë; 50 km wes van die stad Santiago de Querétaro en 260 km van Meksikostad.

Pleknaam

[wysig | wysig bron]

Zelaia is 'n woord van die Baskiese taal, wat beteken "land van die Jordaanstreek" of "plat aarde", met verwysing na die plato van die Mexikaanse Bajio, waar dit geleë is. Celaya is egter nie die oorspronklike benaming wat deur die eerste setlaars, klein groepe Otomis en Chichimecas, gebruik was voor die koms van die Spanjaarde nie.

Die oorspronklike naam was volgens oordrag: Nat-tahí, Nat-ta-í, Natthahí, of Natthaí, wat in die Otomi-taal beteken "die mesquite of plek van die mesquites."

Stadswapen

[wysig | wysig bron]

Die stadswapen is deur Don Francisco Fernández de la Cuevadie, die onderkoning van Nieu-Spanje, in gebruik geneem toe hy die status van die nedersetting na 'n volwaardige stad verhef het en dit die titel van Hoogsedel en lojaal geskenk het met die reg om 'n stadskild te hê.

Die stadskild bestaan uit 'n geraamde ovaal met 'n gestileerde band versier met vyf pylkokers (wat die onderdrukte Indiaanse stamme simboliseer) met drie strepe in die agtergrond, verdeel in blou, rooi en wit, wat koninklikheid, reinheid, krag en soewereiniteit onderskeidelik verteenwoordig.

Gedeeltelik op die blou streep is die beeld van die Onbevlekte Ontvangenis. Aan die regterkant daarvan is die monogram van die kroon van Philip IV en aan die linkerkant is 'n grot ter ere van Onderkoning Fernández de la Cueva. Die wit streep bevat 'n voorstelling van die stigters van Celaya wat onder 'n Mesquite-boom vergader, wat skaduwee vir die stad se eerste stadraad gegee het. Die rooi streep bevat die Latynse leuse "De Forti Dulcedo" ("Die soetheid van die sterkes", in Spaans: "De los fuertes la dulzura") bo twee kaal arms wat boogskiet, simbolies van die versoening met die Chichimecas-, Huachichiles- en Guamares-stamme .

Op die Pan-Amerikaanse Snelweg, by die stad se westelike ingang, is 'n standbeeld met die Celaya-stadswapen opgerig. 'n Beeld van die katolieke konsep van die moeder Maria en Jesus (die "Immaculate conception") is egter by hierdie weergawe reg bo die Mesquite-boom gevoeg.

Bekendes gebore in Celaya

[wysig | wysig bron]
  • Francisco Eduardo Tresguerras (13 Oktober 1759 - 3 Augustus 1833): prominente argitek, skilder van die koloniale tydperk en die vroeë jare van onafhanklikheid.
  • Octavio Ocampo (28 Februarie 1943): skilder bekend vir sy unieke styl van "metamorfose."
  • Mauricio Ochmann (16 November 1977): akteur bekend vir sy werk in Telenovelas uit Meksiko en Latyns-Amerika.
  • Raul Velasco (24 April 1933 - 26 November 2006): Geselsprogramaanbieder op die program Rasse Siempre en Domingo.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]