Gaan na inhoud

Astronomy Picture of the Day

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Astronomy Picture of the Day

'n Skermfoto van die webtuiste op 31 Desember 2016, met 'n foto van die Driespletige Newel in infrarooi.
URL apod.nasa.gov
Kommersieel? Nee
Soort webwerf Fotografie
Registrasie Nee
Beskikbare tale Engels an ander
Eienaar Nasa en Michigan- Tegnologiese Universiteit
Geskep deur Nasa en MTU
Gelanseer 16 Junie 1995; 29 jaar gelede (1995-06-16)
Huidige status Aktief

Astronomy Picture of the Day (APOD) is 'n webtuiste van Nasa en die Michigan- Tegnologiese Universiteit (MTU). Dit verskaf elke dag 'n ander foto van die heelal "saam met 'n kort verduideliking deur 'n professionele sterrekundige".[1]

Beskrywing

[wysig | wysig bron]

Die foto stem nie noodwendig ooreen met 'n spesifieke gebeurtenis op dié dag nie en foto's word soms herhaal.[2] Hulle hou dikwels verband met huidige gebeure in sterrekunde en ruimteverkenning. Die teks het verskeie skakels na ander foto's en webtuistes vir nog inligting.

Vorige foto's word in 'n argief gebêre. Die eerste foto het op 16 Junie 1995 verskyn.[3] Die foto's word soms geneem deur mense van buite Nasa, en daarom het van die foto's kopiereg op, anders as dié in baie ander fotogalerye van Nasa.[4]

Op die eerste dag van die APOD-webtuiste se bestaan het dit altesaam 14 besoeke gehad. Teen 2012 het meer as 'n miljard mense dit besoek.[5] APOD word ook daagliks in 21 tale vertaal.[6]

Robert J. Nemiroff en Jerry T. Bonnell het in 2015 vir hulle werk op APOD die Klumpke-Roberts-prys van die Sterrekundige Vereniging van die Stille Oseaan-gebied ontvang "vir uitstekende bydraes tot die publiek se begrip en waardering van sterrekunde".[7][8] Die webtuiste het in 2022 die Internasionale Sterrekundige Vereniging se Sterrekundige Uitreikingsprys gewen.[9][10]

Foto's

[wysig | wysig bron]

Hier onder is enkele foto's wat al op die APOD-webtuiste verskyn het:

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Nemiroff, Robert; Jerry Bonnell (3 April 2007). "APOD homepage". NASA. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Desember 2010. Besoek op 30 Desember 2010.
  2. Nemiroff, Robert; Jerry Bonnell. "APOD Frequently Asked Questions". NASA. Besoek op 30 Desember 2010.
  3. Nemiroff, R.; Bonnell, J., reds. (16 Junie 1995). "Neutron Star Earth". Astronomy Picture of the Day. Nasa. Besoek op 18 Februarie 2017
  4. Nemiroff, Robert; Jerry Bonnell. "About APOD Image Permissions". NASA. Besoek op 30 Desember 2010.
  5. Nemiroff, R.; Bonnell, J., reds. (16 Junie 2012). "APOD Turns 17". Astronomy Picture of the Day. Nasa. Besoek op 25 September 2012
  6. "About APOD". APOD. Besoek op 25 September 2012.
  7. "Klumpke-Roberts Award of The Astronomical Society of the Pacific". Astronomical Society.
  8. "The Astronomical Society of the Pacific Announces Its 2015 Award Recipients For Astronomy Research And Education". Astronomical Society.
  9. "IAU Announces Winners of First Prizes for Astronomy Outreach, Development and Education". International Astronomical Union. 9 Junie 2022. Besoek op 12 September 2022.
  10. "NASA's Astronomy Picture of the Day Recognized for Decades of Outreach". Goddard Space Flight Center. Nasa. 22 Junie 2022. Besoek op 12 September 2022.

Skakels

[wysig | wysig bron]