9 November
Voorkoms
<< | November 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | |||||
3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 |
10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 |
17 | 18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 |
24 | 25 | 26 | 27 | 28 | 29 | 30 |
Al die dae |
9 November is die 313de dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (314de in skrikkeljare). Daar volg nog 52 dae in die res van die jaar.
Gebeure
[wysig | wysig bron]- 264 – Pous Maksimus van Alexandrië volg Dionisius as Patriarg van die Kerk in Alexandrië op.
- 1389 – Pous Bonifatius IX word in Rome gekroon.
- 1494 – Die de' Medicis word uit Florence verdryf.
- 1518 – Pous Leo X verplig alle Christene om te glo dat die pous aflate kan toestaan.
- 1799 – Die staatsgreep van 18 Brumaire gelei deur Emmanuel Joseph Sieyès en Napoléon Bonaparte werp die Franse regering omver.
- 1872 – Die Groot Bostonvuur van 1872 begin en vernietig uiteindelik meer as 700 geboue in Boston in die VSA.
- 1901 – Prins George, die hertog van Cornwall, word Prins van Wallis en die Graaf van Chester.
- 1907 – Die Cullinan-diamant word op sy verjaarsdag aan Koning Edward VII geskenk.
- 1918 – Beëindiging van die Duitse Keiserryk en stigting van die Republiek van Weimar.
- 1938 – Kristallnacht, die eerste grootskaalse voorval van fisiese anti-Joodse geweld in Nazi Duitsland, begin.
- 1953 – Kambodja word van Frankryk onafhanklik.
- 1989 – Val van die Berlynse Muur. Dit simboliseer die einde van die Koue Oorlog en die naderende ineenstorting van die Warskouverdrag; die begin van die einde van Sowjet kommunisme.
- 2011 – Mark Boucher neem sy 500ste vangskoot in toetskrieket, die eerste persoon ooit.
Geboortes
[wysig | wysig bron]- 1805 – Karel Lodewijk Ledeganck, Vlaamse skrywer († 1847).
- 1841 – Koning Edward VII van die Verenigde Koninkryk († 1910).
- 1914 – Hedy Lamarr, Amerikaanse aktrise en uitvinder († 2000).
- 1922 – Imre Lakatos, Hongaarse wiskundige, natuurkundige en wetenskapfilosoof († 1974).
- 1923 – Dorothy Dandridge, Amerikaanse aktrise († 1965).
- 1927 – Carel Boshoff, stigter van Orania († 2011).
- 1934 – Carl Sagan, ’n Amerikaanse sterrekundige, astrofisikus, kosmoloog en skrywer († 1996).
- 1965 – Bryn Terfel, Walliese operasanger.
- 1993 – Bianca Buitendag, Suid-Afrikaanse professionele branderplankryer.
Sterftes
[wysig | wysig bron]- 959 – Konstantyn VII van Bisantium. Sy seun Romanos II volg hom op (* 905).
- 1918 – Albert Ballin, Duitse reder en entrepreneur (* 1857).
- 1940 – Neville Chamberlain, Britse politikus (* 1869).
- 1970 – Charles de Gaulle, Franse militêre generaal en staatsman (* 1890).
- 1999 – Dricky Beukes, Afrikaanse skrywer (* 1918)
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
[wysig | wysig bron]- Onafhanklikheidsdag in Kambodja (1953)
- Schicksalstag in Duitsland.
Wikimedia Commons bevat media in verband met 9 November. |