Gaan na inhoud

Klas GC Garratt-stoomlokomotief

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Weergawe deur Oesjaar (besprekings | bydraes) op 09:20, 3 September 2014 (Nuwe artikel)
(verskil) ← Ouer weergawe | bekyk huidige weergawe (verskil) | Nuwer weergawe → (verskil)

Die Klas GC Garratt-stoomlokomotief is 'n tipe stoomlokomotief wat deur die Suid-Afrikaanse Spoorweë gebruik is. Hierdie klas is 'n groter en swaarder verdere ontwikkeling van Klas GB. Hulle was ook ontwerp om op die sylyne te werk. Die lokomotiewe is verskaf deur Beyer, Peacock. Die klas was toegerus met Walschaerts klepratwerk en 'n Belpaire stoomketel. Hulle het diens gedoen in KwaZulu-Natal aanvanklik aan die suidkus en is in 1962 uit diens gestel. Dié klas het amper net soos die Klas GK Garratts gelyk.

Bron

  • Locomotives of the South African Railways. Struik. Leith Paxton & David Bourne. ISBN 0 86977 211 2