Zoeloe
- Hierdie artikel handel oor die Zoeloetaal. Vir die etniese groep van Suid-Afrika, sien Zoeloes.
Zoeloe (isiZulu in Zoeloe) is die taal van die Zoeloes en is een van die elf amptelike landstale van Suid-Afrika. Dit word deur sowat 11,6 miljoen mense as moedertaal gepraat (2011-sensus). Dit maak dit die taal met die meeste moedertaalsprekers in Suid-Afrika. Omtrent 15,7 miljoen mense gebruik Zoeloe as tweede taal, en dit is die tweede mees verspreide taal in Suid-Afrika. Die grootste aantal Zoeloesprekers woon in KwaZulu-Natal. Die taal is ook nouverwant aan Xhosa en is deel van die Nguni-taalfamilie: Xhosa en Zoeloe is onderling verstaanbaar en kan byna as dialekte van dieselfde taal beskou word.
Zoeloe isiZulu | ||
---|---|---|
Gepraat in: | Suid-Afrika Zimbabwe Lesotho Malawi Mosambiek Eswatini | |
Gebied: | KwaZulu-Natal, oostelike Gauteng oostelike Vrystaat suidelike Mpumalanga | |
Totale sprekers: | 12 miljoen (moedertaal, 2011)[1] 15,7 miljoen (tweede taal in Suid-Afrika, 2002)[2] | |
Rang: | 70 | |
Taalfamilie: | Niger-Kongo Atlanties-Kongo Volta-Kongo Benue-Kongo Bantoïed Suidelike Bantoïed Bantoetale Suidelike Bantoetale Nguni Zoeloe | |
Skrifstelsel: | Latynse alfabet | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | Suid-Afrika | |
Gereguleer deur: | Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | zu | |
ISO 639-2: | zul | |
ISO 639-3: | zul | |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Die taal was oorspronklik slegs 'n spreektaal gewees (soos baie ander inheemse tale van Afrika). Eers sedert persone van Europese afkoms, soos Prof. Dirk Ziervogel, die taal bestudeer en 'n grammatika ontwikkel het vir 'n geskrewe taal, kon mense ook in Zoeloe skryf. Alle oorvertellings was dus mondelings, of in 'n ander taal wat neergeskryf kon word. Daarom is dit byna onmoontlik om geskrewe geskiedenis in Zoeloe te vind.
Woorde
Algemene woorde en frases:
Afrikaans | Zoeloe |
---|---|
Welkom | Ukwemukela (naamwoord) / Emukela (werkwoord) |
Dankie | Ngiyabonga |
Goeiedag / Hallo | Sawubona (enkelvoud) / Sanibonani (meervoud) |
Totsiens | Sala kahle (bly wel) / Hamba kahle (gaan wel) |
Rook verbode | Akubhenywa |
Geen ingang | Akungenwa |
Pasop vir die trap | Qaphela isitebhisi |
Pasop! | Qaphela! |
Veels geluk met jou verjaarsdag | Usuku lokuzalwa oluhle |
Seisoengroete | Izilokotho Ezinhle Zamaholide |
Geseënde Kersfees | Ukhisimusi omuhle |
Geseënde Kersfees en voorspoedige Nuwejaar | Ukhisimusi omuhle nonyaka omusha onenjabulo |
Sien ook
Verwysings
- ↑ "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Zulu" (in Engels). Ethnologue. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Mei 2020. Besoek op 21 Januarie 2016.
- ↑ (en) Webb, Vic. 2002. "Language in South Africa: the role of language in national transformation, reconstruction and development." Impact: Studies in language and society, 14:78
Eksterne skakels
Wikimedia Commons bevat media in verband met Zulu language. |
Sien Zoeloe in Wiktionary, die vrye woordeboek. |
Taalhulpmiddels
- Vry en gratis Zoeloe speltoetser vir OpenOffice, Mozilla Firefox en Mozilla Thunderbird Geargiveer 9 Februarie 2007 op Wayback Machine
Sagteware in Zoeloe
- Mozilla Firefox Geargiveer 3 Oktober 2006 op Wayback Machine - webblaaier
- Mozilla Thunderbird Geargiveer 3 Oktober 2006 op Wayback Machine - e-posprogram
- OpenOffice.org Geargiveer 3 Oktober 2006 op Wayback Machine - kantoorsuite
- Translate.org.za Geargiveer 28 Junie 2007 op Wayback Machine - 'n Projek om vrye en oopbronsagteware in Zoeloe en ander Suid-Afrikaanse tale te vertaal
- Pootle Geargiveer 3 Junie 2012 op Wayback Machine - aanlyn vertaling van Zoeloe oopbronsagteware