Karel VII van Frankryk
Karel VII (Frans: Charles VII) (22 Februarie 1403 – 22 Julie 1461), genoem die Seëvierende (le Victorieux) of die Goed-Gediende (le Bien-Servi), was Koning van Frankryk van 1422 tot met sy dood in 1461. Hendrik VI van Engeland het aanvanklik met hom gewedywer vir die titel toe sy dienaars groot dele van Frankryk uit Parys regeer het.
Karel VII die Seevierende | |
---|---|
Koning van Frankryk | |
Detail van 'n portret van Karel VII, deur Jean Fouquet, tempera op hout, Louvremuseum, Parys, c. 1445 | |
Dinastie | Valois Dynastie |
Bewind | 21 Oktober 1422 – 22 Julie 1461 |
Kroning | 17 Julie 1429 |
Ander titels | Hertog van Touraine, Hertog van Berry, Hertog van Poitou (1417–22) Dauphin de Viennois: As erfgenaam (5 April 1417 – 21 Oktober 1422; as Koning (21 Oktober 1422 – 3 Julie 1423); titel behou tot 17 Julie 1429 |
Gebore | 22 Februarie 1403 |
Parys, Frankryk | |
Gesterf | 22 Julie 1461 |
Mehun-sur-Yèvre, Frankryk | |
Saint Denis Basiliek | |
Voorganger | Karel VI |
Opvolger | Lodewyk XI |
Gade | Maria van Anjou (1404–63) |
Kinders | Lodewyk XI (1423–83) Yolande, Hertog van Savoy (1434–78) Magdalena, Prinsess van Viana (1443–95) Karel Hertog van Berry (1446–72) |
Vader | Karel VI (1368–1422) |
Moeder | Isabella van Beiere-Ingolstadt (1370–1435) |
Hy was 'n lid van die Huis van Valois, die seun van Karel VI, wie se opvolging tot die troon in twyfel gelaat is deur die Engelse besetting van die noorde van Frankryk. Hy is egter in 'n beroemde gebeurtenis in Reims gekroon in 1429 deur die pogings van Johanna van Arkel om die Franse van die Engelse te bevry. Die latere deel van sy heerskappy is gekenmerk deur struwelings met sy seun, wat later Koning Lodewyk XI van Frankryk geword het.