Gereformeerde kerk Silverton
Die Gereformeerde kerk Silverton is die vierde oudste gemeente in die Gereformeerde Kerk se Klassis Oostelike Pretoria. Met 153 belydende en 40 dooplidmate was dit einde 2014 ook die kleinste van die oorwegend wit gemeentes in dié klassis wat uit 11 gemeentes bestaan.
Gereformeerde Kerk Silverton | ||
Sluit in | Brummeria Georgeville Lydiana Lynnwood Manor Navors Val de Grace Weavindpark WNNR-terrein | |
Klassis | Oostelike Pretoria | |
Huidige predikant(e) | Wicus van der Vyver | |
Belydende lidmate | 144 | |
Dooplidmate | 34 | |
Adres | Presidentstraat 530 Silverton Pretoria | |
Geskiedenis | ||
Stigtingsdatum | 13 Augustus 1958 | |
Afgestig van | Pretoria-Brooklyn | |
Eerste predikant | Dr. P.J. de Bruyn (1959–1964) |
Stigting
wysigSilverton het op 13 Augustus 1958 ontstaan uit die afstigting van die noordoostelike wyke van die Gereformeerde kerk Pretoria-Brooklyn. Ook van Brooklyn het die Gereformeerde kerk Waterkloofrand op 16 Junie 1963 afgestig en eindelik ook die Gereformeerde kerk Pretoria-Alkantrant op 3 November 1974, terwyl twee gemeentes wat aan die westekant van Pretoria-Brooklyn ontbind het weens die wegtrek van lidmate, Pretoria-Oos en -Sunnyside, in 2003 by Pretoria-Brooklyn ingeskakel het. Op 1 Augustus 1971 het Silverton haar eerste en enigste dogtergemeente afgestaan met die afstigting van Meyerspark.
Kerkbou
wysigAan die begin het Silverton se lidmate in Silverton se stadsaal eredienste gehou. ’n Boukommissie is kort ná afstigting aangewys met die oog op die oprigting van ’n pastorie en kerk. Sommige lidmate het beswaar gemaak teen die erf wat die boukommissie bekom het, omdat dit volgens hulle te na aan die plaaslike Rooms-Katolieke kerkgebou geleë was. Eers nadat hul besware uit die weg geruim is, kon die kerkraad oorgaan tot die bouery. Die gebou het die tipiese A-raam van die Afrikaanse kerke van destyds met staalbalke wat van die grond af opwaarts loop en waarop die dak rus. Die kerk is op 25 Augustus 1962 in gebruik geneem.
Predikante
wysig- De Bruyn, dr. Paulus Jacobus, 1959 – 1964
- De Bruyn, dr. Frans Roelof Petrus, 1964 – 1967
- Van der Merwe, Lodewikus Johannes, 1968 – 1971
- Vorster, Nikolaas, 1971 – 1977
- Stavast, Lammert Hendrik, 1974 – 1977 (met evangelisasie-opdrag in kombinasie met Pretoria)
- Kruger, Markus Petrus, 1975 – 2001 (sendeling De Hoop)
- Botha, Johannes, 1977 – 1985
- Cilliers, Sarel Arnoldus, 1986 – 1997
- Van Rooy, Henri Charles, 1998 – 2002
- Van der Vyver, Lodewicus du Plessis, 2002 – hede
Bronne
wysig- (af) Harris, C.T., Noëth, J.G., Sarkady, N.G., Schutte, F.M. en Van Tonder, J.M. 2010. Van seringboom tot kerkgebou: die argitektoniese erfenis van die Gereformeerde Kerke. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
- (af) Schalekamp, ds. M.E. (voorsitter: redaksiekommissie). 2001. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2002. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
- (af) Van der Walt, dr. S.J. (voorsitter: deputate almanak). 1997. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 1998. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
- (af) Vogel, Willem (red.). 2014. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2015. Potchefstroom: Administratiewe Buro.