Carl Zeiss (maatskappy)
Carl Zeiss AG is een van die leidende internasionale maatskappye in die fyn-meganies-optiese bedryf. Sy hoofkwartier is in Oberkochen (deelstaat Baden-Württemberg), Duitsland gesetel. Carl Zeiss beskik oor aanlegte en filiaalmaatskappye in Jena, Göttingen, Aalen, Hallbergmoos, Roßdorf en Wetzlar (Carl Zeiss Sports Optics GmbH) asook in die Verenigde State, Hongarye, Switserland, Meksiko, Belarus, die Verenigde Koninkryk, Frankryk, Israel en Suzhou in die Volksrepubliek China.
Carl Zeiss AG | |
Tipe | Aandelemaatskappy |
---|---|
Gestig | 17 November 1846 |
Hoofkantoor | Oberkochen, Baden-Württemberg, Duitsland |
Sleutelpersone | Michael Kaschke (hoof uitvoerende beampte) Dieter Kurz (voorsitter van die Raad) |
Gebied bedien | Wêreldwyd |
Industrie | Opties-presiese ingenieurswese |
Produkte | Presisie-verkykers, teleskope, teleskope, nagkykertoerusting, laser-geleide afstandmeter, spektroskope, planetarium-projektors en ander optiese toerusting. |
Inkomste | €4 240 miljoen[1] (2010/11) |
Netto inkomste | €668 miljoen[2] (2010/11) |
Werknemers | 24 192[1] (30 September 2011) |
Webwerf | zeiss.de |
Die optikus Carl Zeiss was die stigter van die maatskappy.
Verwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 (en) Slides of Press Conference for fiscal year 2010/11, 1 Oktober 2011 Geargiveer 14 November 2012 op Wayback Machine
- ↑ (de) [1] (Besoek op 17 April 2014)
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Carl Zeiss (maatskappy).