5 Augustus
datum
<< | Augustus 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | ||||
4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 |
11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 |
18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 |
25 | 26 | 27 | 28 | 29 | 30 | 31 |
Al die dae |
5 Augustus is die 217de dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (218de in skrikkeljare). Daar volg nog 148 dae in die res van die jaar.
Gebeure
wysig- 1087 – Pouslike troepe, gestuur deur Pous Victor III verower El Mahadia in Oos-Tunesië.
- 1305 – William Wallace, leier van die Skotse weerstand teen Engeland, word gevangene geneem naby Glasgow en na Londen vervoer vir verhoor en teregstelling.
- 1523 – Pous Adrianus VI word dodelik siek.
- 1669 – Pous Clemens IX stel twee nuwe kardinale aan waaronder Emmanuel Théodose de la Tour d'Auvergne de Bouillon.
- 1858 – Cyrus West Field en sy kollegas voltooi die eerste transatlantiese telegraafkabel.
- 1884 – Stigting van die Nieuwe Republiek met Vryheid as die hoofstad.
- 1914 – Die eerste elektriese verkeerslig word in Cleveland, Ohio geïnstalleer.
- 1960 – Burkina Faso word van Frankryk onafhanklik.
- 1962 – Marilyn Monroe word dood in haar bed aangetref met 'n leë botteltjie slaappille aan haar sy.
- 1966 - Augrabies- Nasionale Park word geproklameer.
- 1973 – Arabiese gewapende mans brand los op 'n stampvol vertreksaal by die Athene Internasionale Lughawe in Griekeland met drie sterfgevalle en 55 beserings tot gevolg.
- 1983 – Lede van die Ierse Republikeinse Leër word tot gesamentlik tot meer as 4 000 jaar gevangenisstraf gevonnis na een van Noord-Ierland se grootste massa-verhore.
- 1983 – Die olietenkskip Castillo de Bellver slaan aan die brand en veroorsaak 'n groot oliebesoedelingsramp aan die Suid-Afrikaanse Weskus.
- 2013 – Radio Rippel se naam verander na Groot FM.
Geboortes
wysig- 1681 – Vitus Bering, Deense ontdekkingsreisiger († 1741).
- 1753 – Laurynas Gucevičius, Litause argitek († 1798)
- 1802 – Niels Henrik Abel, Noorweegse wiskundige († 1829).
- 1827 – Deodoro da Fonseca, Brasiliaanse veldmaarskalk en politikus, 1ste President van Brasilië († 1892).
- 1850 – Guy de Maupassant, Franse skrywer en digter († 1893).
- 1860 – Louis Wain, Engelse skilder wat veral bekend is vir sy skilderye van vermenslikte katte en katjies († 1939).
- 1870 – Edward Alexander Newell Arber, Engelse plantkundige en paleontoloog († 1918).
- 1887 – Reginald Owen, Engels-Amerikaanse akteur en sanger († 1972).
- 1906 – Joan Hickson, Amerikaanse aktrise († 1998).
- 1906 – John Huston, Amerikaanse akteur, regisseur en skrywer († 1987).
- 1914 – Parley Baer, Amerikaanse akteur († 2002).
- 1918 – Tom Drake, Amerikaanse akteur en sanger († 1982).
- 1921 – Ds. Pieter du Toit, predikant van die NG gemeente Drieankerbaai († 1989).
- 1921 – Terry Becker, Amerikaanse akteur, regisseur en vervaardiger († 2014).
- 1924 – Sarel Hayward, Suid-Afrikaanse politikus († 1999).
- 1930 – Neil Armstrong, Amerikaanse ruimtevaarder († 2012).
- 1930 – Damita Jo DeBlanc, Amerikaanse komediant, aktrise en sangeres († 1998).
- 1932 – Ja'Net DuBois, Amerikaanse aktrise († 2020).
- 1934 – Cammie King, Amerikaanse aktrise († 2010).
- 1936 – John Saxon, Amerikaanse akteur († 2020).
- 1945 – Loni Anderson, Amerikaanse aktrise.
- 1946 – Erika Slezak, Amerikaanse aktrise.
- 1947 – Angus Buchan, Zambiesgebore Suid-Afrikaanse evangelis.
- 1952 – Hun Sen Kambodjaanse politikus, sedert 1985 premier van Kambodja.
- 1956 – Maureen McCormick, Amerikaanse aktrise en rolprentvervaardiger.
- 1957 – Faith Prince, Amerikaanse aktrise en sangeres.
- 1961 – Janet McTeer, Engelse aktrise.
- 1964 – Annesu de Vos, Suid-Afrikaansgebore Kanadese skryfster.
- 1966 – Jonathan Silverman, Amerikaanse akteur en vervaardiger.
- 1968 – Marine Le Pen (Marion Anne Perrine Le Pen), advokaat en Franse politikus.
- 1972 – Darren Shahlavi, Engels-Amerikaanse akteur († 2015).
- 1991 – Esteban Gutiérrez, Meksikaanse F1-motorrenjaer.
- 1997 – Olivia Holt, Amerikaanse aktrise en sanger.
- 1998 – Mimi Keene, Engelse aktrise.
Sterftes
wysig- 1895 – Friedrich Engels, Duitse filosoof -(* 1820).
- 1907 – Gentil Theodoor Antheunis, Vlaamse digter (* 1840).
- 1946 – Wilhelm Marx, Duitse politikus en rykskanselier (* 1863).
- 1955 – Carmen Miranda, Brasiliaanse sangeres (* 1909).
- 1962 – Marilyn Monroe, Amerikaanse aktrise (* 1926).
- 1970 – Wollie Bronkhorst, SA argitek van kerkgeboue, sendinghospitale, weeshuise en ouetehuise (* 1901).
- 1976 – Adriaan Roland Holst, Nederlandse digter (* 1888).
- 1984 – Richard Burton, Britse akteur (* 1925).
- 2000 – Alec Guinness, Engelse akteur (* 1914)
- 2011 – Francesco Quinn, Italiaans-Amerikaanse akteur (* 1963).
- 2014 – Marilyn Burns, Amerikaanse aktrise (* 1949).
- 2018 – Charlotte Rae, Amerikaanse aktrise (* 1926).
- 2019 – Toni Morrison, Amerikaanse romanskryfster (* 1931).
- 2023 – Mark Margolis, Amerikaanse akteur (* 1939).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
wysig- Feesdag van Pous Anterus in die Ortodokse Kerk.
- Feesdag van Pous Fabianus in die Ortodokse Kerk.
- Onafhanklikheidsdag in Burkina Faso (1960).
Wikimedia Commons bevat media in verband met 5 August. |