1787
jaar
1787 |
◄ | 17de eeu | ◄18de eeu► | 19de eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 1782 | 1783 | 1784 | 1785 | 1786 | ◄ 1787 ► | 1788 | 1789 | 1790 | 1791 | 1792 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Sien ook: Kategorie:1787 |
Kalenders | ||||||||||||||||||||||
Oberon | ||||||||||||||||||||||
|
Die jaar 1787 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Maandag begin het. Dit was die 87ste jaar van die 18de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
Gebeure
wysig- 11 Januarie – William Herschel ontdek Oberon en Titania, twee mane van die planeet Uranus.
- 29 Januarie – Pous Pius VI stel Filippo Carandini, sekretaris van die Tridentine Raad, aan as kardinaal.
- 27 Junie – Edward Gibbon voltooi The History of the Decline and Fall of the Roman Empire.
- 7 Desember – Delaware word die 1ste deelstaat van die Verenigde State.
- 12 Desember – Pennsilvanië word die 2de deelstaat van die Verenigde State.
- 18 Desember – New Jersey word die 3de deelstaat van die Verenigde State.
Geboortes
wysig- 16 Maart – Georg Simon Ohm, 'n Duitse fisikus en wiskundige, bekend vir Ohm se wet († 1854).
- 19 Mei – Ulrich Gerard Lauts, die eerste Boereverteenwoordiger in Europa († 1865).
- 28 Junie – Sir Harry Smith, 'n Britse goewerneur en hoë kommissaris aan die Kaapkolonie († 1860).
- 13 September – Éléonore Denuelle de la Plaigne, minnares van Napoleon Bonaparte († 1868).
- 21 November – Samuel Cunard, Brits-Kanadese skeepvaartmagnaat († 1865).
- 22 November - Rasmus Rask , Deense taalkundige en filoloog. Oorlede 1832
- Onbekend – Shaka, koning van die Zoeloes († 1828).
- Onbekend – William Bean, Engelse geoloog en skulpkenner († 1866).
Sterftes
wysig- 28 Mei – Leopold Mozart, Oostenrykse komponis (* 1719).
- 20 Junie – Karl Friedrich Abel, Duitse komponis van die klassieke era (* 1723)
- 15 November – Christofh Willibald Gluck, was 'n hervormer van die opera (* 1714)