13 April
datum
<< | April 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | |
7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 |
14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 |
21 | 22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 |
28 | 29 | 30 | ||||
Al die dae |
13 April is die 103de dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (104de in 'n skrikkeljaar). Daar is nog 262 dae in hierdie jaar.
Gebeure
wysig- 1055 – Pous Victor II volg Pous Leo IX op.
- 1059 – Pous Nicolaas II bepaal dat pouse voortaan slegs deur die kardinale van die kerk verkies word.
- 1111 – Pous Paschalis II kroon Hendrik V as Heilige Romeinse keiser.
- 1191 – Giacinto Bobone, die verkose Pous Celestinus III, word as priester ingelyf.
- 1180 – Frederik Barbarossa vaardig die Gelnhausen-handves uit.
- 1346 – Pous Clemens VI ekskommunikeer die Duitse keiser Lodewyk IV van Beiere.
- 1519 – Catharina de' Medici, eggenote van Hendrik II van Frankryk († 1589)
- 1654 – Pous Innocentius X verklaar Sint Bernardine van Feltre salig.
- 1598 – Koning Hendrik IV van Frankryk verleen godsdiensvryheid aan die Hugenote deur die Edik van Nantes.
- 1688 – 22 Franse Hugenote kom met die skip Die Voorschoten as vlugtelinge in Saldanhabaai, Suid-Afrika aan.[1]
- 1737 – Pous Clemens XII verklaar Clare van Montefalco en Michelina van Pesaro (Michelina Metelli) salig.
- 1791 – Pous Pius VI publiseer Charitas oor die siviele eed in Frankryk en Cum populi teen die burgerlike konstitusie in Frankryk.
- 1829 – Die Britse Parlement verleen vryheid van geloof aan die Rooms-Katolieke.
- 1849 – Hongarye word 'n republiek.
- 1861 – Amerikaanse Burgeroorlog: Fort Sumter gee oor.
- 1873 – Colfax-slagting.
- 1883 – Alferd Packer word veroordeel weens kannibalisme.
- 1902 – James C. Penney se eerste winkel word geopen in Kemmerer, Wyoming.
- 1919 – Die Amritsar-slagting vind plaas.
- 1941 – Die Sowjetunie en Japan sluit 'n verdrag van neutraliteit.
- 1957 – Elvis Presley se eerste nommer-een treffer: All Shook Up.
- 1970 – 'n Suurstoftenk aanboord Apollo 13 ontplof.
- 1990 – Die Sowjetunie erken die Slagting van Katyn.
- 1997 – Tiger Woods word die jongste gholfspeler om die Meesterstoernooi te wen.
- 2023 – Lede van die FBI arresteer Jack Teixeira in Dighton, op aanklagte van een van die mees omvattende openbaarmaking van geklassifiseerde Pentagon dokumente in jare.
- 2024 – Die Islamitiese Revolusionêre Wagkorps (IRGC) van Iran loods ‘n missiel en hommeluig aanval op Israel.
Geboortes
wysig- 1519 – Catherina de Medici, koningin van Frankryk († 1589).
- 1570 – Guy Fawkes, samesweerder teen die Protestantse regering van Jakobus I van Engeland († 1606).
- 1636 – Hendrik Adriaan van Reede tot Drakestein, krygsman en administratiewe beampte van die VOC († 1691).
- 1743 – Thomas Jefferson, derde President van die Verenigde State († 1826).
- 1852 – F.W. Woolworth, sakeman, stigter van Woolworths († 1919).
- 1860 – James Ensor, Belgiese skilder († 1949).
- 1892 – Robert Alexander Watson-Watt, uitvinder van radar († 1973).
- 1901 – Jacques Lacan, Franse psigoanalis († 1981).
- 1906 – Samuel Beckett, Ierse skrywer († 1989).
- 1906 – Stella Blakemore, Suid-Afrikaanse skrywer van Afrikaanse jeugboeke († 1991).
- 1919 – Howard Keel, Amerikaanse akteur, sanger († 2004).
- 1923 – Don Adams, Amerikaanse akteur en komediant († 2005).
- 1925 – Michael Halliday, Australiese taalkundige († 2018).
- 1935 – Lyle Waggoner, Amerikaanse akteur.
- 1939 – Paul Sorvino, Amerikaanse akteur († 2022).
- 1945 – Tony Dow, Amerikaanse akteur en regisseur († 2022).
- 1946 – Ds. Frans Maritz, leraar van die Nederduitse Gereformeerde Kerk en 'n leier in die Sinode van Midde-Afrika († 2003).
- 1950 – Ron Perlman, Amerikaanse akteur.
- 1952 – Kerneels Breytenbach, Afrikaanse skrywer.
- 1963 – Garry Kasparov, Russiese skaakmeester.
- 1964 – Caroline Rhea, Kanadese aktrise.
- 1976 – Jonathan Brandis, Amerikaanse akteur († 2003).
- 1983 – Schalk Burger, Springbokrugbyspeler.
Sterftes
wysig- 344 – Simeon, biskop van Persië, word onthoof.
- 1695 – Jean de La Fontaine, Franse skrywer (* 1621).
- 1909 – Sir Donald Currie, 'n skeepseienaar en skenker van die Curriebeker (* 1825).
- 1925 – Elwood Haynes, Amerikaanse uitvinder en pionier van die motorkar (* 1857).
- 1931 – Sir David Pieter de Villiers Graaff, Suid-Afrikaanse nyweraar en kabinetsminister (* 1859).
- 1946 – William Henry Bell, Suid-Afrikaanse komponis (* 1873).
- 1984 – Ralph Kirkpatrick, Amerikaanse klavesimbelspeler en musikoloog (* 1911).
- 2000 – Giorgio Bassani, Italiaanse skrywer (The Garden of the Finzi-Continis) (* 1916).
- 2014 – Peter Clarke, Suid-Afrikaane kunstenaar, skrywer en digter (* 1929).
- 2015 – Günter Grass, Duitse skrywer, beeldhouer, skilder en grafiese kunstenaar (* 1927).
Vakansies en vierings
wysig- Eerste dag van die Thaise Nuwejaar
Verwysings
wysig- ↑ "argiefkopie". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Julie 2011. Besoek op 30 November 2016.